{jathumbnail off}
‘n Louwarmslaai wat by kamertemperatuur net so lekker smaak. Plaas ‘n kleinerige blomkool in fleurette gebreek in ‘n oondpannetjie en bedrup met olyfolie. Bak vir 10 tot 15 minute tot sag.
Roer dan 1 of 2 vars rooirissies gekap – of ‘n knypie rooipeper as jy nie van brandkos hou nie – ‘n toontjie gekapte knoffel, ‘n handvol swart olywe en 150g fetakaas by. Kraak ‘n warm rolletjie oop daarby. ‘n Stukkie wors sal ook nie skade doen nie.
Geniet!