SA leuse: ‘Kom wat wil, ons kruip’

Deel op

Gelukkig is ek ‘n Afrikaner en geen Suid-Afrikaner nie. Dus hoef ek my nie te skaam oor my medeburgers waarvan ‘n groot aantal verkragters, rowers en moordenaars is en boonop die slegste sokkerspan ter wêreld het nie.

Afgesien van hul neiging om soos daardie kinders op ‘n eiland sonder volwasse toesig op te tree wat in William Golding se Ryk van vlieë (Lord of the flies) beskryf word, vertoon Suid-Afrikaners ook ‘n groot voorliefde vir kruip. Engels is ‘n Kreoolse taal wat allerlei woorde uit ander tale oorgeneem het, van Afrikaans tot Chinees. Daar is selfs ‘n vorm van Chinees-Engelse Kreools wat “Chinglish” genoem word. Danksy “Chinglish”, het die woord “koutou” (Eng. “kowtow”) wêreldwyd bekend geraak.

En is “koutou” nie ‘n nuttige woord om Suid-Afrikaanse gedrag mee te beskryf nie! Soos die woordeboek verklaar wat ‘n vriend vir my op my rekenaar geïnstalleer het, beteken “koutou”:

1. die Chinese gebruik om te kniel en die grond met jou voorkop te raak in ‘n vertoon van onderwerping;

2. om buitengewoon onderdanig teenoor iemand te wees.

Glo dit of nie, maar ek het iets in gemeen met Jacob Maroga, die hoofindoena van Eksdom wat die afgelope dae en weke in die nuus was. Eers het hy glo bedank en toe weer sy pos teruggekry, terwyl die Engelsman vanuit mynhuiskringe, Bobby Godsell, die aftog moes blaas. Sowel Maroga as ek het by ‘n plek genaamd die universiteit van die Witwatersrand gestudeer. Ek beskik oor ‘n Wits-Ph.D. van ‘n departement wat intussen toegemaak is, wat uiteraard geen wonderlike kwalifikasie is nie. Indien my genetika egter anders was, sou ek dalk nou soos Maroga en kie. van een semi-staatsinstelling na ‘n ander kon beweeg en vir myself soos Lawrence Mushwana “goue handdrukke” van sewe miljoen rand op ‘n slag kon uitdeel.

Maar laat ek nie in tipiese braaivleisklagtes oor regstellende aksie verval nie. Die punt is dat Wits nie so lank gelede nie vir my hul alumni-tydskrif aangestuur het waarin Jacob Maroga min of meer as ‘n genie voorgehou word. Hoe Wits ooit my adres in die hande gekry het om my aan ‘n vroeër en vergeetlike deel van my lewe te herinner, weet ek nie. Om aan die hagiografie oor Jacob Maroga – “‘n Wits-man wat die land se elektrisiteitsprobleme oplos” of iets in dier voege – blootgestel te word, was heelwat erger as een van daardie telefoonoproepe wat aan jou ‘n gratis tapytsjampoe aanbied terwyl jy net teëls het.

Dit het my egter aan die dink gesit oor die Suid-Afrikaanse vermoë om te koutou of te kruip, om die grond met jou voorkop te raak in die teenwoordigheid van een of ander illustere persoonlikheid wat, onvermydelik, swart sal wees.

U sien, Wits of die alumni-tydskrif of albei, was besig om te koutou voor dié grootse figuur Jacob Maroga wat ons ligte laat afgaan het. En sonder twyfel sal Wits dié gewoonte voortsit.

Iewers in die tagtigerjare het Afrikaners opgehou om Afrikaners te wees. Hulle het “Suid-Afrikaners” geword en soos Marthinus van Schalkwyk gepoog om by die nuwe orde aan te pas. Afrikaners, of ten minste diegene wat bande met die ou Broederbond of Nasionale Party gehad het, beskik natuurlik oor ‘n koutoukultuur van hul eie, wat deur die ietwat onkiese woord “gatkruip” uitgedruk word. Dit bied dalk ‘n nuttige verklaring vir waarom hulle so geredelik ingeval het by die huidige gebruik om te kruip by die diverse demigode wat ‘n mens in vyfsterhotelle kan sien rondlê of wat jou van die pad af druk in hul viertrekvoertuie van twee miljoen rand, met of sonder blou ligte.

Miskien beteken daardie eienaardige stelletjie letters op die SA landswapen, wat voorgee om vanuit ‘n dooie taal afkomstig te wees, eintlik: “Kom wat wil, ons kruip.”

Dit maak nie saak hoe sleg dinge gaan nie, Suid-Afrikaners sal altyd dankbaar wees vir die voorreg om net te mag asemhaal.

As die rowers op hul huise toeslaan, dan sê hulle gewoonlik hulle is “so bly om nog te leef”.

En stuur gerus ‘n skenking aan Wits. Hulle het dit daar nodig om feministiese literatuur uit Oos-Afrika te bevorder, met ‘n swetterjoel Tanzaniese professore wat vir permanente aanstellings regstaan.

roulettes casino liveданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.