Vredesproses in Midde-Ooste wys tamheid

Deel op

Amerikaanse pogings om die vredesproses in die Midde-Ooste weer aan die gang te kry, het ‘n terugslag beleef nadat president Barack Obama en Israeli premier Benjamin Netanyahu se ontmoeting tekens van spanning getoon het.

Nadat die twee ‘n uur en 40 minute lank gesels het, wou die Amerikaanse president nie saam met sy Israelse eweknie in die openbaar verskyn nie.

Amerika is gekant teen voortgesette Joodse nedersettings op die Wesoewer. Die Withuis het egter in ‘n verklaring gesê hulle bly verbind tot Israel se veiligheid.

Die twee het ook die kwessie van Iran bespreek. Netanyahu het die besoek as “postief” beskryf. Hy sal ‘n besoek bring aan Frankryk waar hy samesprekinge met Nicolas Sarkozy sal voer.

Hy het na afloop an die gesprek benadruk dat die besoek aan Washington “baie belangrik” was. Die VSA se frustrasie met die Israelse premier se weiering om die aanwas van nedersettings te staak was egter duidelik.

Hillary Clinton het vroeër Netanyahu se aanbod om die aanwas van nedersettings gedeeltelik te staak, geprys as “weergaloos”.

Die Arabiese wêreld het haar verklaring skerp gekritiseer. Die Palestyne sien dit as ‘n stap om hulle hand in toekomstige onderhandelinge met Israel te verswak.

Die Palestyne het gedreig om geweld te laat toeneem indien die aanwas van nedersettings nie dadelik ophou nie.

 

купить липецк пневмоинструментАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.