Zille gee lys wette wat dienslewering ophou

Deel op

Helen Zille, Wes-Kaapse premier het ‘n lys van nasionale wette wat dienslewering in die provinsiale regering vertraag, aan die presidensie, regering asook die ministerie vir tradisionele aangeleenthede oorhandig.

Dít kom na ‘n versoek wat pres. Jacob Zuma aan die Wes-Kaapse provinsiale regering op 13 Augustus, tydens ‘n vergadering in Pretoria, gerig het.

Die lys van wette wat die provinsiale regering beïnvloed, is gebaseer op insae gelewer deur elk van die Wes-Kaapse departemente.

Daar was in totaal 70 voorgestelde veranderinge. Dit sluit in oproepe vir die nasionale wetgewing om vereenvoudig te word, om sodoende vertragings van infrastruktuur-projekte soos behuising, basiese dienste en paaie te vermy.

In sommige gevalle is daar tot vier verskillende wette wat vier verskillende openbare deelname prosesse vir een projek vereis. Dit veroorsaak groot vertragings, het Zille gesê.

“Ons doen ook ‘n beroep om ‘n meer duidelike wetgewing oor die verskillende rolle en verantwoordelikhede van nasionale, provinsiale regering te kry, soos uitgesit in skedule 4 en 5 van die grondwet.”

Die huidige situasie het onsekerheid gelaat, en dit het befondsing en implementering affekteer, en het baie keer provinsiale regerings met onbefondse mandate gelaat.

“Ons het gevra dat die grondwethof gevra moet word om die proses te beheer.”

“Die vraag rondom die regte en verantwoordelikhede van hawens is ook geopper, wat deur Transnet beheer word, maar nie altyd op so ‘n manier, dat streeksekonomie asook gemeenskappe hieruit voordeel trek nie.”

“Ons het ook ‘n reeks ander voorstelle ingesluit om nie in slaggate te trap wat tot korrupsie en wanbestuur kan lei nie.”

“Verlede maand is ‘n lys van nasionale wette ingehandig wat munisipaliteite negatief affekteer. Dit was gebasseer op insae van ‘n hele paar munisipaliteite in die Wes-Kaap, ná ‘n versoek vanaf die minister aan al 30 munisipaliteite in die provinsie.”

 

улицАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.