{jathumbnail off}
Sny vier pere in dun skywe en verwyder die pitte. Plaas die skywe op ´n bakplaat en strooi bruinsuiker bo-oor. Karamelliseer dit onder die oondrooster. Meng al die bestandele vir die sous. Rangskik slaaiblare met die peerskywe bo-op. Skaaf die 80 g Gruyèrekaas in lang repe oor die slaai en strooi 40 pekanneute oor. Bedrup met slaaisous.
Slaaisous:
200 ml druiwepitolie
100 ml vars suurlemoensap
1 eetlepel bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel droë mostert
½ teelepel witpeper
Garneer met sprietuie of eetbare blomme. Heerlik saam met ‘n rogbroodjie!