Die kanker is nie in 1989 genees nie

Deel op

Vandag, twintig jaar gelede, het die Berlynmuur geval. Soos Dan Roodt dit stel, was daar nie juis groot blydskap hieroor te bespeur by die Xhosagodjie Mandela of die Slovo’s van die lewe nie. Jakes Gerwel, vandag ‘n grootkop in Naspers, het selfs ‘n traan gestort toe hy die beeldmateriaal gesien het, bid jou aan!

Dit sou naïef wees om ons te verbeel dat die kommunisme verdwyn het op daardie heuglike dag. Dit was weliswaar ‘n gevoelige slag vir daardie uitgediende en simplistiese ideologie, maar soos ‘n onkruid of kanker was dit nie so maklik om dit uit te roei nie. Die kommunisme van die gees het bloot baie meer subtiel geword, maar is vandag nog net so aktueel en kwaadaardig soos die kanker wat dit voorafgegaan het.

Vandag noem mens dieselfde kwaadaardige gewas politieke korrektheid en multikulturalisme. Uitgesonderd die meer gewelddadige aspekte van sy voorganger, het dit al die kenmerke daarvan.

Die grootste beskrywings van die kommunisme is deur iemand wat self ‘n voormalige kommunis was, George Orwell, geskryf. Sy boeke 1984 en Animal Farm is uitstekende gelykenisse vir die lewe onder die kommunisme. In die boek 1984 was Engels getransformeer (bekende woord, transformasie, nie waar nie?) na ‘n nuwe taal, Newspeak. Nie net moes die mense reg praat nie, maar ook reg dink. Dit maak nie saak of die feite die ideologie weerspreek nie, jy durf nie die verkeerde denke, wat Big Brother nie aangestaan het nie, gekoester het nie.

Politieke korrektheid en multikulturalisme is presies so verdrukkend as die Sowjet-regime. Jy kon voor 1989 na die koelak gestuur word as jy “teen-rewolusionêre” uitlatings gemaak het. Dis steeds met ons. As jy dit vandag waag om byvoorbeeld te sê dat die swart-op-wit geweldskoers buitensporig hoog is, kan jy jou eweneens in ‘n virtuele koelak bevind. Jy sal as rassis gebrandmerk word (in die ou Sowjet-Unie was jy ‘n “vyand van die rewolusie”) en jy kan maklik jou werk kwyt wees.

Durf jy protes aanteken teen die Rooi Rewolusie (in SA noem ons dié rewolusie transformasie) soos die Reitzhuis-studente, sal jy deur die hedendaagse Prawdas uitgekryt word as ‘n rassis, uit die universiteit geskop word en van crimen iniuria aangekla word. Die Rooi Wagte (in SA is hulle swart) wat op die Kovsiekampus dreig om “wit tewe” te verkrag, en op Tukkies se kampus dreig om blanke studente dood te maak, word egter toegelaat om hulle haatspraak te besig. Presies nes skrywers soos Solzhenitsyn gedemoniseer is en inderdaad geterroriseer is, word skrywers wat durf waag om afvallige opinies te huldig, deur die hedendaagse KGB geterroriseer.

Die wiel draai egter. Daar was ‘n groot heksejag in Pole en Duitsland op informante vir die gehate geheime polisie, die Stasi in Oos-Duitsland. Vandag is daardie einste informante steeds met ons; agterlike dinosourusse wat nie die vermoë het om vir hulself besluite te neem nie, diegene wat meegevoer word en gebreinspoel word deur die heersende ideologie en dus gedienstig, soos die breinlose robotjies wat hulle is, die Party se ideologie spu.

Die vraag is: hoe lank gaan dit neem voor ons onsself ook genees van die kanker van die nieu-kommunisme bekend as politieke korrektheid en multikulturalisme?

watch thunderstruck onlineДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.