Franse slaan vure dood oor nuwe reaktor

Deel op

Frankryk probeer vure doodslaan nadat drie lande kommer uitgespreek het oor die beheer- en veiligheidstelsels van hulle nuwe ontwerp kernreaktor.

Franse amptenare sal na verwagting owerhede in die Verenigde Arabiese Emirate kontak in ‘n poging om Golfstate te oorreed om hulle tender te oorweeg. Dit is die grootste tender vir kernkrag tot nog toe.

Die Franse maatskappy Areva, mede-ontwerper van die EKR-reaktor, Total en GDF Suez is onder die drie maatskappye wat tender om ten minste vier, en moontlik ses reaktors te bou in die VAE.

Die EKR is ‘n Evolusionêre kragreaktor. Dit werk met water onder druk en is aanvanklik die Europese waterdrukreaktor genoem. Die ontwerp is deur Framatome (nou Areva NP), Electricité de France (EDF) en Siemens AG in Duitsland onderneem.

Die EKR is die wêreld se derde generasie reaktor en Frankryk se fokus in die atoomenergiesektor.

Die kommer wat hierdie week uitgespreek is, het Frankryk se kanse bederf. Die mededingers, Suid-Korea en die VSA, moes ook kritiek verduur, maar nie soveel soos die Franse nie.

Die nadeel vir die Franse is dat hulle die EKR-reaktor van meet af aan as ‘n veiliger opsie aangebied het.

Finland en Frankryk bou tans aan twee sulke reaktors.

Die Franse sê die besware oor veiligheid is vanweë hulle deursigtige veiligheidsmaatreëls.

Kernkragowerhede in Finland, Brittanje en Frankryk wat hulle kommer uitgespreek het oor die onafhanklikheid van die EKR se veiligheidstelsels van operasionele beheer, het voorheen al gekla oor die konstruksie van die reaktors.

Die EDF en Areva het onder skoot gekom die afgelope paar maande, veral in Finland waar die bou van die reaktor al met drie maande vertraag is en etlike miljarde euro oor die begroting is.

Areva het belowe om die beheerstelsel te verbeter teen die einde van die jaar.

Die Franse regering sê die kwessie het buite beheer geraak omdat die Franse kernowerheid, ‘n onafhanklike liggaam, ‘n deursigtige beleid voorstaan en alle korrespondensie op die internet publiseer.

 

травы для полоскания десенпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.