Toyota verlaat F1

Deel op

Toyota, die wêreld se grootste motorvervaardiger, het vandag aangekondig dat hulle nie langer aan formule een gaan deelneem nie. Hulle onttrek hulle van die sport weens finansiële druk en volgens Akio Toyoda, die president van Toyota, sal hulle ook nie verder enige enjins aan enige ander span beskikbaar stel nie. Williams wat Toyota-enjins gebruik het, het aangekondig dat hulle Gosworth-enjins aanstaande jaar gaan gebruik.

Ná hul ontrekking, is daar geen Japannese span meer in formule een nie en hulle is ook, na BMW die derde span wat onttrek as gevolg van finansiële druk.

Toyota het na raming ‘n verlies van meer as $2 miljard gedurende die jaar gehad en gaan hul nou toespits op hul kernbedrywighede.

Toyota het die derde groot vervaardiger geword om die formule-eenreeks te verlaat. Toyota het die afgelope vyf jaar maar gesukkel om hulle voete te vind. Aanvanglik is daar groot gewag gemaak van die toetrede van Toyota in 2003 omdat die vervaardiger so goed in ander motorsportreekse gevaar het. Die groot resessie van 2009, asook die feit dat Toyota nie een wedren kom wen nie, het hierdie ‘n baie duur bemarkingsoefening gemaak.

Die twee ander groot name wat die sport onlangs verlaat het, was BMW en Renault. Mercedes het saam met Ferrari besluit om hulle teenwoordigheid in die F1-reeks te vergroot. Mercedes, wat ‘n enjinkontrak met Mclaren het, maak nou ogies vir die manne van Brawn. Mercedes wil graag tot 70% van die Brawn-span koop.

Wat Toyota se baanrekord betref, het die span nie een van die 139 wedrenne waaraan hul deelgeneem het, gewen nie. Vanjaar het hulle egter daarin geslaag om die vyfde plek vir die vervaardigerstitel in te neem. Die titel is gewen deur die Brawn-span wat verlede jaar as die Hondaspan deelgeneem het maar wat vroeër vanjaar onttrek het. Die Hondaspan is deur Ross Brawn oorgeneem. Eddie Jordan, ‘n vorige spaneienaar, hoop dat die Toyotaspan ook toegelaat gaan word om volgende jaar deel te neem, onder ‘n nuwe naam en bestuur.

Die Switserse span, Sauber, kan dalk ‘n terugkeer maak nadat Qadbak Investments van Switserland aangedui het dat hulle die BMW-span oorneem.

Toyota is egter nie die enigste vervaardiger wat uit motorsport onttrek het nie. Subaru en Suzuki het hulle aand die Wêreldtydrenkampioenskap onttrek en Kawasaki verlaat MotoGP.

Bridgestone soek groener weivelde

Die motorvervaardigers is nie die enigstes wat die skrik op die lyf gejaag is nie, bande vervaardiger Bridgestone het ook aangekondig dat hulle klaar is met die sport. Bridgestone se kontrak met die sport base eindig aan die einde van 2010. Intussen het Pirelli ook gesig weg gedraai van F1 af, hulle stel nie nou belang om toe te tree nie.

 

 


cash casinosАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.