‘Rassisme’-geskel verraai swart minderwaardigheidsgevoel

Die bohaai oor die Vrystaatse kampus het min te make met die voorvalle wat daar plaasgevind het. Sowel die onsmaaklike poets as die optrede van professor Jonathan Jansen gaan nie oor “rassisme” en die menswaardigheid van die skoonmaaksters nie maar spreek eerder van swartmense se swak selfbeeld en werklikheidsontvlugting.

Die woede en emosie oor ‘n skadelose voorval – asof ‘n ramp die swart ras of die land oorgekom het – staan in skrille kontras met die ongeërgdheid te midde van miljoene swartmense wat aan voorkombare siektes sterf of in erge armoede in onmenslike woonplekke krepeer wat hul status tot byna dierlike vlakke verlaag het.

Betogings is besig om orals los te bars teen sulke onmenslikheid en tog behou dieselfde intellektuele en “anti-rassisme”-woordvoerders hul afstand, eer hulle aan die verkeerde kant van die regering se gunste en gawes beland, ‘n regering wat eers hierdie onmenslike toestande geskep en daarna laat vererger het. Dieselfde skreeuers teen rassisme bly stil as die regering die outonomie van universiteitsowerhede en dus van demokratiese instellings bedreig.

Betogings teen rassisme is geregverdig, daar waar blankes hulle aan werklike of skynbare pogings skuldig maak om mense van ‘n ander ras af te kraak of te verneder. Waar skendings van menswaardigheid ook al manifesteer, behoort diegene wat hulle oor sulke kwessies bekommer op te tree of hulle daarteen uit te spreek. Daarom behoort ons veel meer kommer en betrokkenheid by die aanspreek van die toenemende ellende van swartes te gesien het. Daardie ellende tas hul menswaardigheid veel meer aan as wat ‘n ligsinnige studentegrap ooit kon doen.

Die grootste tragedie van die rassismekwessie is die amperse nalatigheid of gekonkel van swartmense waar dit by hul eie vernedering as ‘n ras kom, asook hul gebrek aan selfrespek. Die meeste vernietiging, aftakeling en lyding wat die menswaardigheid van swartes aantas, word deur hul eie swart regering veroorsaak. En tog word niks hieroor gesê of gedoen met dieselfde hartstog as wat naastenby met die gejil kan vergelyk waarmee selfs geringe misstappe van blankes jeens swartes begroet word nie.

Omdat hulle in gebreke bly om die vernedering, pyn en selfs vernietiging van binne te hanteer, het swartes behoefte aan sondebokke en om in ‘n hoë mate te oorkompenseer. Blanke rassisme – feit of fantasie – is ‘n nuttige voertuig om aan frustrasies uiting te gee wat van binne af opbou.

Indien die energie en kragdadigheid wat vir “rassisme” uitgesonder word eerder aan kritiek jeens die volgehoue onderontwikkeling of selfs vernietiging deur hul regering gewy sou gewees het, sou daar baie vooruitgang onder swartes gewees het. Daar sou ‘n bestekopname van hul historiese erflating, hul huidige ellende en toekomstige vooruitsigte gewees het. Selfbesinning, om verantwoordelikhede te aanvaar en om selfbeskikking te laat seëvier, is  wat tot die algemene vooruitgang van ander rasse, nasies en streke bygedra het.

Snert oor “driehonderd jaar van rassisme” is ‘n baie maklike verskoning en boonop grootliks vals. Swartes en wittes het mekaar minder as tweehonderd jaar gelede ontmoet toe groot swart koninkryke wat deur die Sjakas en Sekoekoenies gevestig is, verrys en tot laat in die negentiende eeu gebloei het. Sulke onsin laat sekere dade deur blankes as die bepalende dade voorkom wat swart onderontwikkeling moet verklaar. Dit laat die voorafgaande onafhanklike swart bestaan in die vergetelheid verdwyn, afgesien en anderkant swartes se interaksies met blankes wat ‘n diepgaande en blywende uitwerking op hul bestaan gehad het. Ironies versterk hierdie siening van hulpelose swart slagoffers die rassistiese aannames oor die “blanko swart primitiewe verlede”, van passiewe en parasitiese swartes sonder onafhanklikheid, inisiatief, erfenis en rigting.

Die konstante beskuldigings teen blankes oor “rassisme” en onregte uit die verlede moet opgeweeg word teen die revolusionêre veranderinge wat blankes teweeggebring het, in die vorm van swart state wat bestaan, ekonomieë, staatsdienste, intellektueles, ens., waarvan die verskyning grotendeels aan die blanke teenwoordigheid en bemoeienis toegeskryf kan word, veral in Suid-Afrika. Dan praat ‘n mens nie eens van die dorpe en stede, die tegnologie en nywerheid, opvoeding, gesondheid, politiek, godsdiens en ander elemente en aktiwiteite wat deur blankes op hierdie vasteland bekendgestel is nie…

Die kreet van “rassisme” word gebruik om die gepeupel op te sweep en te manipuleer, ten einde die aandag af te lei van die toenemende krisisse waarvoor swartmense te staan kom. Dit verteenwoordig die projeksie van ‘n minderwaardigheidskompleks wat uit swartes se swak selfbeeld spruit. Ook swartes se gevoel van onmag en mislukking in die aangesig van toenemende probleme en ‘n gebrek aan werklike, mensgedrewe transformasie speel ‘n rol. Voeg daarby swart afhanklikheid van blankes se kulturele, intellektuele, materiële en geestelike bydraes en ‘n mens begryp die obsessie oor rassisme soveel beter.

Die lawaai rondom die gebeure op die Vrystaatse kampus – soos die algemene lawaai oor “rassisme” – verteenwoordig die projeksie van ‘n diepgewortelde angs wat spruit uit die leemtes en gebreke van swartes as dit by hul eie oorgeërfde probleme en vooruitsigte as ‘n ras kom. Sulke reaksies sal voortduur en die krete van “rassisme” sal toeneem soos wat die huidige krisisse verdiep en vermenigvuldig en die stelsel begin wankel.

Meshack Mabogoane is ‘n skrywer en gemeenskapsleier aan die Oosrand. Hy dra gereeld meningsartikels by tot die Mail & Guardian, City Press en ander koerante en staan ‘n federale stelsel in Suider-Afrika voor.

casino online freeФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.