Broodslaai

{jathumbnail off}

Die Italianers noem dit Panzanella.

Rooster vier tot ses snye Italiaanse brood liggies vir vier tafelgenote en breek of skeur dan in stukkies.

Meng met een rooi soetrissie, ‘n klein komkommer en ‘n klein rooi ui, alles in skywe gesny. Sny 8 klein tamaties in kwarter en voeg by.

Skeur ‘n paar basiliekruidblare oor die slaai en strooi ‘n handvol swart olywe oor. Maak ‘n slaaisous van ‘n gekneusde toontjie knoffel, 2 eetlepels rooi wynasyn en en 5 eetlepels olyfolie en bedrup die heerlikheid.

Lekker smul!

 

водяные насосыОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.