Egpaar oorleef wrede plaasaanval

Deel op

Twee swart mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n bejaarde egpaar in Limpopo aangeval het ná afloop van ‘n kerkdiens.

Izak en Mariaan Jansen van Vuuren is Sondagoggend op hulle plaas in Marken, naby Swartwater, aangeval toe hulle ná afloop van ‘n kerkdiens by hulle plaashek stilgehou het.

Volgens Anél Jansen van Vuuren het haar ma en pa met hulle bakkie tot by die hek gery.

Mariaan Jansen van Vuuren het uitgeklim om die hek oop te maak.

“My ma het gesukkel om die hek oop te kry. My pa het uitgeklim om haar te help. Terwyl hulle besig was, het twee mans hulle genader wat glo werk gesoek het.

“My pa het hulle gevra om te loop. Die mans het egter nader geloop en my pa deur die gesig geslaan,” het sy gesê.

Die mans het glo ‘n hamer, stok en byl in hulle besit gehad. Hulle het Izak Jansen van Vuuren begin slaan.

“My ma het in die bakkie gespring en my pa het vir haar gesê sy moet wegry. Sy het gevlug, maar die mans het haar ingehaal en weer teruggeneem na die hek, waar my pa op die grond gelê het.

“Hulle het my pa vasgebind en agter op die bakkie gegooi. Beide mans het voor in die bakkie langs my ma gaan sit en weggery. ‘n Paar kilometer verder het hulle beheer oor die voertuig verloor en in ‘n heining vasgejaag,” het sy gesê.

Izak Jansen van Vuuren het losgekom en begin hardloop. Die verdagtes het hom agternagesit en hy het hulle met klippe bestook. Hy het by plaaswerkers se huise hulp ontbied.

Voor die polisie opgedaag het, het die Jansen van Vuuren-egpaar se bure reeds met ‘n soektog begin om die mans vas te trek.

Izak Jansen van Vuuren is na die Moropong-hospitaal geneem en later na die HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria oorgeplaas.

Die beserings aan sy gesig is van so ‘n aard dat hy plastiese chirurgie sal moet ondergaan.

Die twee verdagtes sal binnekort in die plaaslike hof in Lephalale verskyn.

 

подвесные светильникиФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.