Hoe gevaarlik is Julius Malema?

Deel op

As ‘n mens die nuusvoere sien van hierdie bloeddorstige voetsoldaatjie van opperbevelvoerder Zuma, kan ons ‘n indikasie kry van die verval waarin Suid-Afrika se totalitêre demokrasie (verskoon die oksimoron) begin verkeer.

Na heelwat spekulasie oor dié man se geloofwaardigheid as leier, veral na sy legio omstrede uitsprake wat varieer van verkragting tot doodmaak vir Zuma is dit miskien ‘n geskikte oomblik om ‘n bietjie nader te kyk na sy politieke meriete.

Tot almal se verbasing het Zuma sy aggressie nie veroordeel nie, maar hom voorgehou as ‘n goeie leier en selfs ‘n moontlike presidensiële kandidaat vir die toekoms. Vir iemand wat nouliks ‘n vak in sy matriekjaar kon slaag is dit seker nie sleg nie. ‘n Mens kan sê hy is ‘n logiese uitvloeisel van die 1976-generasie wat onderwys as iets boos beskou het. Ofskoon hy in 1981 gebore is, het die generasie net voor hom die teelaarde vir anargie geskep.

Dit is vreemd – en wys weerens op die groot kultuurverskille tussen Afrikaan en Afrikaner – hoedat die taal van moord, verkragting en roof ‘n mens se charisma en bewondering kan verhoog. Ek dink die Darwinistiese alfamannetjie beginsel geld hier meer as enigiets anders. Die Afrikaan sien kennelik ‘n leiersfiguur in hom met wie hulle kan identifiseer en sy uitsprake is vir hulle ‘n uiting van hul eie outentieke gevoelens.

Die groot kommer is egter sy portefeulje: hoof van die ANC se variant van die Hitlerjugend.

Om Churchill aan te haal: Wie teen sy twintigste geen sosialis is nie, het geen hart nie. Wie teen sy veertigste nog steeds ‘n sosialis is, het geen verstand nie.

Jongmense, net so duskant puberteit gaan deur hul fase van samesyn en testosteroon. Hulle voel hulle is onsterflik, onfeilbaar en skroom nie vir rewolusionêre optredes nie. Hierdie jeugdiges, alhoewel hulle hulself wêreldwys waan, het in feite nog baie om te leer en laat oor die algemeen hul impuls en hormonale ingewings hul politieke denke beïnvloed. Vanuit hierdie standpunt behoort dit niemand te verbaas nie dat die jeugdiges wat deur sy Charles Manson-agtige leierskap beïndruk word ‘n uiters plofbare groep vorm. Hulle is origens dié bevolkingsgroep wat die meeste verantwoordelik is vir die grootskaalse geweld, moord, misdaad en barbaarse optredes wat Suid-Afrika tot die afgrond van ‘n mislukte staat dwing.

‘n Mens is geneig om te dink dat hierdie barbaarse optredes ‘n resultaat is van verdrukking, vernedering of gekrente trots. Alhoewel daar seker ‘n element van waarheid in hierdie beskouings skuil, het navorsing in die Verenigde State aangetoon dat swartes nie oor ‘n lae selfbeeld beskik nie. Inteendeel. Hulle het juis ‘n baie hoë selfbeeld, hoër selfs as hul blanke landgenote. Dit is juis mense met hoë selfbeelde wat oorgaan tot derglike vorms van aggressie. Navorsing in Skandinawië oor skoolboelies – wat ‘n ernstige probleem is in hierdie Lutherse lande – het eweneens aangetoon dat in teenstelling tot algemene wysheid het hierdie aggressore geen minderwaardigheidsgevoel nie, maar juis ‘n oordrewe superioriteitsgevoel. Dit is juis hierdie oordrewe selfvertroue wat hulle moeilik beïnvloedbaar maak en minder sosialiseerbaar volgens beskaafde norms. Soos met Malema self, het hulle altyd ‘n ‘slim’ antwoord byderhand om hul moordlus te regverdig.

Malema beklee ‘n portefeulje oor ‘n bevolkingsgroep wat die meeste neig na gewelddadigheid en barbarisme in Suid-Afrika. As gevolg van die voedselskaarste vanweë die vermoorde boere is hulle maklik aanhitsbaar om sogenaamd “op te eis wat van hulle afgevat is”. Dat hulle “ryk blankes” gaan teiken is ‘n voldonge feit. Die ouer generasie swartes beskik in baie opsigte oor geen morele gesag meer nie en kan geen vaderlike rol aanneem om die jonger generasie op ‘n behoorlike manier op te voed nie. Die Sowetane van 1976 het daarvoor gesorg. Hierdie opstande was nie slegs gemik teen Afrikaans op skool nie, maar was ‘n algemene verwerping van alles wat outoriteit voorgestel het. Selfs ouerlike gesag moes dit ontgeld.

Aangesien Julius Malema in sy eie woorde net weet van rewolusie (en niks van motorbestuur nie) is hy die volgende skakel om Suid-Afrika verder te vernietig. Die Soweto opstande was waarskynlik die eerste in ‘n hele aantal rewolusies. Onder sy leiding sal daar ongetwyfeld ‘n nuwe rewolusie plaasvind, met die verskil dat blankes geen mag meer het nie.

Om hierdie rede is dit uitermate belangrik dat blank Suid-Afrika hierdie gevare begin insien en besef dat tyd nou min raak. Daar woed alreeds ‘n onverklaarde oorlog in Suid-Afrika. Julius Malema mag hopelik die blankes beter as wie dan ook aanspoor om ‘n nuwe Groot Trek van stapel te laat stuur.

online casino slotsДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.