Afrikanerminderheid moet SAUK-belasting verwerp

Deel op

Die SAUK is lankal reeds deel van die ANC se soustrein waar amptenare rojale salarisse verdien en geld op partytjies en statussimbole verkwis word. Hierbenewens saai die korporasie hoofsaaklik in die meerderheidstaal, Engels, uit. Ook die politiek, kultuur en sienings van die meerderheid word deur die SAUK in ons kele afgedruk.

Afrikaans word reeds geruime tyd gruwelik deur die SAUK verwaarloos. Waar Afrikaans nog in TV-programme gebruik word, word dit saam met Engels gebesig. Kreoolse programme soos Sewendelaan is nie net ‘n belediging vir die intelligensie van die Afrikanerkyker nie, maar verteenwoordig insgelyks ‘n aanval op Standaardafrikaans wat vir die SAUK ‘n steen des aanstoots is.

Die uitspraak en taalgebruik van radio-omroepers is, op enkele uisonderinge na, ewe beroerd en selfs die eenvoudigste Afrikaanse woorde word verkeerd uitgespreek. Hierteenoor word  die woordeskat van Britse Engels met gewyde eerbied deur die SAUK gerespekteer.

Omdat die SAUK hoegenaamd geen erkenning aan ons taal en kultuur verleen nie, moet die Afrikanerminderheid van die voorgestelde nuwe belasting wat die uitsaaier sou finansier, kwytgeskeld word. Indien nie, moet Afrikaners weier om sodanige ekstra belasting of heffing te betaal.

Aan die ander kant, sou dit sin maak om oor die algemeen belasting van die ANC-bewind te weerhou, aangesien sulke belasting ten bate van die meerderheid en gewoonlik ten nadele van die Afrikanerminderheid gebruik word.

Hoe gouer ons tot ‘n algemene belastingboikot teen hierdie korrupte en spandabele bewind oorgaan, hoe beter. Die nuwe SAUK-belasting sou ‘n goeie begin wees.

мой домик для барбиОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.