Vettel is baas in Abu Dhabi

Deel op

Die Duitser Sebastian Vettel het die F1-kampioenskap vir 2009 met glorie afgesluit toe hy die heel eerste dag/nag-formule-eenwedren in die geskiedenis gewen het.

NUUT!

Vettel het net voor sy Red Bull-spanmaat, die Australier Mark Webber, oor die wenstreep geblits om die laaste wedren vir 2009 te wen. Dit is ‘n eerste en tweede plek vir die Rooi Bulle.

Die Brit Lewis Hamilton het voor weggespring, maar moes weens remprobleme onttrek om dus vir Vettel amper die hele wedren lank te laat voor jaag. Die skouspelagtige Yas Marina-baan het seker gemaak dat die Red Bull-span ‘n nuwe rekord opstel deur dit nie minder as vier keer in een seisoen reg te kry om eerste en tweede te eindig nie. Die rekord is eintlik deur Brawn GP gehou, maar nou ewenaar die Bulle dit.

Die nuwe wêreldkampioen Jenson Button het derde geëindig in sy Brawn. Button en Webber het in die laaste paar rondtes hard baklei vir die tweede plek. Die wen vir Vettel het hom tweede in die bestuurderskampioenskap vir 2009 laat eindig. Die Red Bull span het dan ook die 2009-seisoen afgesluit met ‘n tweede plek naas Brawn in die vervaardigerstryd.

Die veteraan Rubens Barichello het vierde geëindig en dit was dan ook sy laaste keer agter die stuur van ‘n Brawn GP-motor.

интернет магазин одежды для новорожденныхДанильченко Юрий отзывы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.