Nuwe belasting vir SAUK-finansiering

Deel op

Suid-Afrika gaan persoonlike belasting met 1% opstoot om sy bankrot uitsaaier te finansier, pleks daarvan om op lisensiegeld staat te maak, het die Johannesburgse dagblad Business Day vandag berig.

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) het in die 2007/2008-boekjaar ‘n totaal van R822 miljoen vanuit lisensie-inkomste verkry, maar die nuwe heffing op belasting sal waarskynlik twee keer soveel inbring.

“Ekstra belasting van tot 1% op belastingbetalers, bo en behalwe hul persoonlike belasting, sal aan die SAUK gaan,” het die dagblad die direkteurgeneraal van die departement van kommunikasie, Mamodupi Mohlala, aangehaal.

Sy het gesê die uitsaaier behoort op plaaslike produksie te konsentreer en nie op die invordering van fooie nie, maar kritici van die nuwe heffing meen dis nog ‘n terugslag vir die publiek wat reeds ‘n 45%-styging in elektrisiteitstariewe vanjaar moes trotseer.

сауны винницыФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.