Van Nqakula & Selebi tot varke & bobbejane

Deel op
Die onlangse misdaadstatistiekverslag en gepaardgaande uitsprake deur Minister Nqakula en Komm. Selebi, verwys.

In George Orwell se boek: "Animal Farm", figureer bobbejane weliswaar nie as karakters nie, maar wel (vet) varke. Selfs 'n aap met 'n ertjiepitbrein sal vir jou kan sê dat die Nuwe Suid-Afrika beswaarlik beter funksioneer vandag as 'n Piesangrepubliek. Om die punt te bewys: Ons sit blykbaar met 'n moderne Grondwet vol allerlei teoretiese en filosofiese waarborge van vryheid, gelykheid, demokrasie en dies meer op papier, maar in realiteit beleef 'n mens net die teenoorgestelde: Naamlik 'n regeringsgesteunde vertrapping van minderheidsregte, geïnstitusionaliseerde diskriminasie by indiensneming en die ongelooflike miskenning van 90% van Suid-Afrikaners (wit, swart en bruin) se demokratiese wens om die doodstraf terug te bring in bykans die misdadigste land ter wereld!

 
Deel op
Om die Suid-Afrikaanse "Animal Farm" in beter te verstaan, moet mens ook die narre in beheer kan eien. Hulle is gewoonlik 'meer gelyk' as die res van die gepeupel en skuil uiteraard agter tientalle lyfwagte en/of gedra hulself soos ware varke met hul hoëspoed gewapende konvooie op ons snelweë, pleks daarvan dat hulle net 'n slag van hul ideologiese troontjies afklim en hul werk begin doen. Die vernaamstes van hulle sit in regeringsposte met vanne soos Nqakula, Selebi, Msimang, Pandor, Balfour, Xingwana . . . gits, ek moet stop — net-nou lys ek al 28 van hulle minus een (dit is natuurlik Manuel)!.

Dis nou reeds algemeen om terme soos 'regstellende aksie', 'kwota', 'SEB' en dies meer in verband te bring met onbevoegdheid, onverdienstelikheid, ens. Die here Nqakula en Selebi staan ongetwyfeld heel voor in die ry van sulke toekennings — die afgemete bekendmaking van ongetemde misdaadstatistieke is die swart-op-wit bewys daarvan.

Ons kan beter doen sonder sulke (s)otte in die Suid-Afrikaanse orweliaanse grap wat hulle graag die Nuwe SA noem. Sal Pres. Mbeki asb. hierdie nikswerd ("onderpresterende" is onvanpas, want dit impliseer prestasie al is dit van onaanvaarbaarde gehalte) Minister en Kommisaris vervang — selfs al is dit dan met bobbejane uit die dieretuin! Ons sal waarskynlik beter daaraan toe wees. Ten minste kan 'n bobbejaan nie pêlle raak met elemente van die onderwêreld nie en kan hy ook nie vir jou en my wat reeds hoë belasting betaal en 'n sekuriteitsbedryf reeds twee keer die grootte van die Polisiemag in stand hou met na-belaste geld, vra wat jy doen om misdaad te bekamp nie!

Daarvan gepraat, hoe doen mens dit as jy ontwapen word deur die regering en wanneer jy dit wel waag om 'n vermeende moordenaar of verkragter in jou huis te skiet, dan sluit hulle jou summier toe oor 'n naweek in 'n Polisiesel waar jou eie verkragting deur mede-aangehoudende kriminele 'n uitgemaakte saak is. Hoe doen mens dit in die skadu van ontbinde spesialiseenhede, ontbinde kommando's, die afskaffing van die doodstraf, sonder 'n flinke 10111 diens, met polisievoertuie sonder brandstof, met misdadigers wat op vroeë parool gaan, met misdadigers wat op strepe vrygelaat word weens oorvol tronke, ens.?

Op die keper beskou het misdaadbekamping onder die beheer van die twee genoemde here net een rigting gegaan, en dit was snel agteruit! Dalk was alles in die ou-SA tog nie so sleg gewees nie!

logo for euroданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.