Botswana se selfbeeldprobleme

‘n Suid-Afrikaanse man is in Botswana in hegtenis geneem omdat hy na bewering vir ‘n werker gesê het dié is dommer as die president. Vroeër is vier Suid-Afrikaanse vrouens ook in Botswana in hegtenis geneem, nádat hulle gesê het Ian Khama lyk soos ‘n Boesman. Hoekom sou dit ‘n belediging wees vir die president, wonder ek? Is Boesmans moontlik in die oë van die Tswanas ‘n minderwaardige ras?

Bostaande is uiteraard ‘n teken van ‘n uiters agterlike piesangrepubliek, waar die staatshoof en politici se selfbeeld so swak is, dat kritiek teen hulle ‘n misdaad is.

Die vier vrouens is egter heel moontlik reg. Dit is ‘n feit dat die Bantoe-invallers wat uit Wes- en Sentraal-Afrika suidwaarts gemigreer het, dikwels met die Boesmans ondertrou het. Daar is heelwat Koisangene in die swart bevolking. As ek nou nie bang was dat ek soos daai ou wat by Sun City ‘n plaat oor die afgod Mandela gespeel het, aangekla gaan word nie, kon ek die opmerking gemaak het dat Mandela nogal baie na ‘n Boesman lyk. Ek is egter heeltemal te bang en verklaar hiermee vir die rekord en in die openbaar dat, indien Mandela na enige groep lyk, hy ongetwyfeld op blonde Noorweërs trek.

Die arrestasie van die man wat meen dat die werker dommer is as Ian Khama, is insgelyks skreeusnaaks. Probeer die owerhede stellig daarmee te kenne gee dat die werker juis nié dommer is as mnr Khama nie? Waarom so sensitief? Soos Shakespeare gesê het: “the lady doth protest too much”. Mens sou sweer hulle woon op ‘n kontinent waar die gemiddelde IK tussen 70 en 80 is, te oordeel aan hoe dun die nerfies oor sulke opmerkings is. Ons almal weet egter dis nie so nie, en vir die rekord verklaar ek dat ek glo dat al die mensdom se mees briljante ontdekkings deur Afrikane gemaak is, en dat Afrikane in der waarheid enige ander nasie ver uitstof wanneer dit by intellek kom.

Om terug te keer na die ou wat gevang is: CJ Langenhoven het op ‘n stadium gesê dat helfte van die parlementslede bobbejane is. Toe hy gedwing is om sy woorde terug te trek, het hy gesê die helfte is nié bobbejane nie.

As ek nou die aangeklaagde Suid-Afrikaner was, het ek my woorde in die openbaar teruggetrek en gesê dat die werker inteendeel nie dommer is nie, maar in der waarheid slimmer is as die president.

магазин велосипедов киевОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.