Dis nou tyd vir strukturele verset

Deel op

Die strekking van die politieke en sosiomaatskaplike kommentaar oor die stand van sake in SA op hierdie webwerf laat twee opmerkings relevant word:

  • Die lewer van teoretiese insette, in alle vorme daarvan, is relevant, krities belangrik en lewer ‘n belangrike onderbou vir die aksie wat moet volg
  • Die versugting tot hierdie “aksie wat moet volg” spreek duidelik, eksplisiet of nie, uit vele van die kommentare.

Maar wat moet gebeur? Ek wil die aandag kortliks op twee moontlikhede vir oorweging vestig:

Die vestiging van alternatiewe tot die owerheid, op elke moontlike terrein; dus, ‘n vorm van strukturele verset. Mense wat self optree rakende herdenkings, basiese dienste, veiligheid, gesondheid, voedselvoorsiening, waarvan daar reeds talle voorbeelde landwyd is, is waarskynlik ‘n opsie wat met groot haas ondersoek moet word ten einde dit doelbewus en gekoördineerd te laat geskied. Sulke aksie is kritiek wat nie geïgnoreer kan word nie en die relevansie daarvan spreek vanself. Dit maak die situasie vir die entiteit wat eintlik daarvoor behoort te sorg onhoudbaar, aangesien geen kritiek daarteen regtig water dra nie. Leer uit die opponent se metodes, gegee die omgewing.

Alhoewel daar reeds in verskeie artikels daarna verwys is, moet ons begin kyk na onderhandelings met en die formalisering van ooreenkomste met Afrikaanse stamlande en ander, al is dit in die vorm van “rak-maatskappye” wat gestig word, vir aktivering wanneer nodig. Ons is egter nie naïef nie: dít wat oor is van die Westerse tradisie en grootsheid is maar min, maar as dit tyd koop en ‘n alternatief bied om weer te begin, moet dit benut word. As van die scenario’s wat tans deel vorm van uitgebreide ondersoek en studie moontlik in die toekoms realiseer, moet ons nie met die broek op die knieë gevang word en dan wil begin gesels nie. Hierdie onderhandelings het bv. in die oog aspekte rakende voorsiening in die mees basiese behoeftes, die beskikbaarheid van informasie en boeke in ‘n verwante taal (en Afrikaans), maar ook die toegang tot universiteite en selfs emigrasie, sou dit nodig word, en vele ander. Daar is reeds van hierdie tipe aksies aan die gang vanuit die geledere van verskeie organisasies, en uit persoonlike gesprekke kan ek rapporteer dat daar sentiment (en ook geld) hiervoor beskikbaar is indien dit reg aangepak word. Hierdie pogings kan uitgebrei, geprioretiseer en geformaliseer word sonder om dit aan die groot klok te hang en dit teikens vir obstruksie te maak. Dit is juis deel van die opponent se kenmerkende taktiek wat al met groot sukses gebruik is as die situasie sigself daartoe leen – debatteer en onderhandel omdat dit tyd koop en opponente se tande trek, maar sit niks formeel op skrif nie en maak dan soos jy wil.

Kortom, dus: vestig eie alternatiewe en wees bedag op elke voordeel wat ‘n mislukkende/suksesvolle owerheid mag veroorsaak om sodoende die alternatief aktief te kan bevorder. As dit bv. beteken dat ons moet aanvaar dat ESKOM hoër tariewe vra in sekere gebiede en in ander, aangrensende gebiede gratis dienste verskaf en dit sodoende sekere elemente uit buurtes mag verwyder, dan moet ons dit aanvaar, hoe moeilik dit ook al vir ons sakke mag wees. Wees daarom ook bereid om te betaal vir dít wat jy wil hê, aangesien niemand tog meer so iets gratis kan verwag nie. Maar ons moet optree, nie net aanhou teoretiseer nie, sonder om fyn besinning af te skeep. Ons moet verseker dat daar onbevange en sonder strategiese oogklappe na moontlikhede gekyk word wanneer ons besin, prakties beplan en oorgaan tot aksie. Maar in alles: laat die toekoms ons nie eendag vanuit die verlede, waar ons gehuiwer het, inhaal nie!

костюмы для мальчиков в детский сад купитьtopcargo отзыв

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.