Malema ruk op na Bloemfontein

Deel op

Julius Malema en ‘n groep ontstoke ANC-jeugligalede het Donderdag in Bloemfontein aangekom om prof. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, oor die Reitz-kwessie te spreek.

Die besoek kom te midde van UV-belangegroepe wat Jansen probeer red. Kovsie Alumni het Woensdag in ’n verklaring die “gemeenskap” versoek om Jansen te steun “in sy pogings om van die UV ’n wêreldklas universiteit te maak”.

Kovsie-Alumni het namens die UV-alumni hulle “skok en verbasing” oor die heftige kritiek teen Jansen uitgespreek, maar verwelkom die rektor se besluit oor hernude raadpleging.

Aartsbiskop Thabo Makgoba, hoof van die Anglikaanse Kerk in Suid-Afrika, en dr. Allan Boesak, Cope-leier in die Wes-Kaapse provinsiale parlement, het ook hul steun aan Jansen bevestig.

Malema sal Jansen 10uur ontmoet. ’n Massaprotesoptog van die ANC-jeugliga en ander groepe op die kampus teen “onvoldoende transformasie” sal daarna plaasvind.

Die besoek van Malema is deel van raadpleging met belangegroepe. Adv. Mothusi Lepheane van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, wat die werkers in die Reitz-video verteenwoordig, het Woensdag met Jansen vergader.

Thebe Meeko, Vrystaatse ANC-jeugliga-leier, wat gesê het Jansen moet “geskiet en doodgemaak moet word omdat hy ’n rassis is”, is ’n lid van die Malema-afvaardiging.

Die Vrystaatse DA het ’n strafregtelike klag van crimen injuria teen Meeko ingedien. ’n Klag van haatspraak teen hom is ook deur die DA by die gelykheidshof ingedien.

 

образец мед справкилобановский александр жена

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.