Nie ‘n enkele leerder teenwoordig toe premier skool besoek

Deel op

Die Oos-Kaapse premier, Noxolo Kiviet, het tydens ‘n besoek aan ‘n skool geen matriekleerders by die hoërskool Imidushane gevind nie.

“‘n Uur het verbygegaan en daar was geen leerders by die skool nie. Die onderwysers moes die leerders in die dorp gaan soek,” het Tobile Gowa, ‘n woordvoerder van die provinsiale regering, gesê.

Nie een matriekleerder by die hoërskool Imidushane het verlede jaar geslaag nie.

Ouers het die departement van onderwys die skuld gegee vir die probleme by die skool, en onderwysers het die ouers blameer vir dié situasie.

Kiviet het die probleme by die skool toegeskryf aan ‘n gebrek aan leierskap.

“As jy leerders het wat gedurende skoolure oor die heining spring en onderwysers wat elke dag 09:00 of 10:00 by die skool aankom, wat dink jy gaan uit die skool kom?”

Sy het gesê die skool, wat oor goeie hulpbronne soos rekenaars en elektrisiteit beskik, het dringend leierskap nodig.

Sy het die departement van onderwys gevra om ‘n ondersoek na dié probleem in te stel en ‘n verslag teen 4 November gereed te hê.

Kiviet het gesê die 22 matriekleerders voel hulle is gereed om hul finale eksamen af te lê en “ek voel hulle sal goed presteer”.

 

осушитель воздуха купить киевданильченко юрій Харків

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.