Die grootste Afrikanertaak ooit

Deel op

ImageDie jongste misdaadstatistiek het ’n hele paar dinge verklap. En mens moet ’n bietjie  huiswerk gaan doen wanneer jy met sulke blatante leuens te doen kry.  Dít bring mens nader aan die ware probleem, wat jou weer ’n tree nader aan die antwoord bring, die antwoord wat die grootste taak vir Afrikaners in ons Afrikanergeskiedenis gaan meebring.

Jackie Selebi, nasionale polisiehoof, sê dat misdaad hom nie slapelose nagte besorg nie en Charles Nqakula, minister van onveiligheid, reken dat misdaadvlakke in die land daal, terwyl Thabo Mbeki misdaad as ’n persepsie afmaak. Met sulke sieninge is dit blykbaar net die naasbestaandes van die derduisende slagoffers van misdaad wat hallusineer, asook so ’n paar regdenkendes…

Deel op

As ons dalk dink dat hierdie misleidende statistiek aan ons voorgehou word omdat die ANC hierdie keer nie sommetjies kán maak nie, sit ons die pot ver mis. Hulle berekeninge is lank gelede met deurdagtheid gedoen en hulle somtotaal is honderd persent in die kol. Vir hulle is die enigste antwoord:  “People, get ready, there’s a war a’coming . . . the last white dog must die!”  En hulle glo ook dat die doel die middele heilig, dus kan hulle nie verkeerd wees deur toe te laat dat diefstal, moord en verkragting alles regverdig in hulle oorlog vir “black Africa!” nie.  Waarom dan nie nog lieg ook daaroor nie?

Kom ons kyk waarop baseer Selebi en sy meelopers die sukses van hulle leuens wat hulle so vryelik opdis: Eerstens, volgens direkte getuienis van sommige blanke polisielede, is hulle distrikte se polisiemanne aangesê om nooit ’n “dubbel-inskrywing” oor misdaad te maak nie, dws wanneer daar byvoorbeeld ’n transito-rooftog plaasvind, word die dodesyfer daarvan, indien enige, nie in die moordkolom ook aangeteken nie. So word al die statistiek hanteer. Dus het ons nie ’n benul van die ware moordsyfer of van die ander misdaadstatistiek nie. 

Tweedens kan u maar die internet deurkruis sonder dat u ’n weergawe sal vind van die ware misdaadstatistiek vóór 1994.  Al wat u sal sien, is statistiek van die gekookte weergawe vanaf 1994-1995 toe die ANC die “moorddadige land” geërf het van die vorige bestel, met ongeveer 26 000 moorde nog in daardie jaar, wat die ANC natuurlik deur hul voortreflike bestuursvernuf nou afgebring het na net oor die 19 000 moorde in 2006-2007…  En die ergste is, mense glo hierdie leuens! Selfs nie eers met die ANC se terreurdade daardie tyd binne Suid-Afrika ingereken, kon die moordsyfer so hoog wees nie.  En so kan dit ook nou nie net 19 000 wees nie want volgens kenners se beraming word tot een derde van alle misdaad veral onder die ANC-bestel, nie eers aangemeld nie; en so is daar ook te veel individuele getuienis oor misdaad wat nooit aangemeld is nie.  Maar, gee die ANC wat hom toekom, hy kán somme maak!

Selebi roem hom op die feit dat misdaad in heelwat van die statistiekafdelings gedaal het, maar hy verstaan nie dat almal nie gebluf word deur sy woordspeletjies nie.  Sou hy dalk verstaan as ons aan hom verduidelik dat die moordsyfer op sy polisiemanne so gestyg het omdat daar nie meer ontsag vir ’n polisieman is soos vroeër nie, en daarom die daling in gewone aanvalle op polisiemanne?  En sou hy verstaan as ons aan hom verduidelik dat die getal verkragtings gedaal het omdat die verkragter sy slagoffer deesdae eerder vermoor as om ’n getuie na te laat want hy word tog nie gestraf nie? Vandaar die hoër moordsyfer!  En sou Selebi verstaan as ons aan hom verduidelik dat die aantal gewone huisinbrake verminder het omdat dit nou veel makliker is om gewapende roof te pleeg wanneer mense by hulle huise is, aangesien die patetiese regstelsel tog geen gevaar vir die moordenaar inhou nie? Daarom die 25% styging die afgelope jaar in gewapende rooftogte by huise en die hoër moordsyfer!

Dan kom Nqakula en hy vra: “Wat doen jý teen misdaad”.  En dit is nou hier waar ons begryp dat hy nie die vorige sommetjies help maak het nie, maar iemand ver bokant hom… dat hy maar net ’n spreekbuis in die aanloop tot die eindtotaal van hierdie som is. Genadiglik begin van ons mense se rekenaartjies nou werk, en hulle antwoord Nqakula in die media soos volg: “Duur elektriese omheining”, “Wapens” “Selfone in verbinding met bure”. “Motors met beveiliging”, “Ekstra versekering ten duurste”, “Vermy sekere skole”, “Beplan elke roete wat gery moet word”, “Nie meer in die aand uitgaan nie”, “Neem kinders skooltoe want tot fietse word gekaap”, “Is wetsgehoorsame burgers”, “Werk hard vir my geld”, “Respekteer ander mense en hulle eiendom”, “Respekteer padreëls”,  “Betaal ektra hoë belasting”, “Betaal u salaris”, ens, ens. 

En dan kom ook hulle vrae aan Nqakula wat dui op enerse gevoelens van genoeg is genoeg: “Moet ons ons werk bedank en joune kom doen?”, “Hanteer jy die portefeulje Veiligheid of moet ons?”, “As u nie die ‘joppie’ kan doen nie, waarom weier u nie?”, “Moet ons dít ook nog vir die regering doen?”, “Wat doen JY met my belastinggeld!?”, “Ek betaal belasting, en JY, ons geagte minister???”, “Het u nie u posomskrywing gelees nie of nie verstaan nie?”, “Ons wonder waarom jy ’n salaris kry en of ons nie iets dááraan moet doen nie!?”, “Wat moet ’n bereidwillige landsburger nóg doen om sy bydrae te lewer!?”, ens, ens.

Daar is nou genoeg oor die probleem gesê. Die antwoord op die probleem is egter nie so eenvoudig nie, maar ons weet uit ons geskiedenis wat vir ons in ons toekoms voorlê, en daarvolgens durf ons sekere feite konstateer.  Die eerste is dat ons sal besef dat dit ons niks sal help om te onderhandel met die ANC oor hierdie gemors waarin ons verkeer nie – nie eers om Nqakula se bedanking te eis nie want swart mense verstaan nie daardie ere-kultuur nie, en dit sal ook niks aan die toestand verander.

As onderhandeling dan geen opsie is nie, kan die antwoord tog net lê in geloof oor wat ons te doen staan, en wanneer dáárdie antwoord duidelik geword het, sal ons besef dat ons hierdie land sal moet terugneem op die regte tyd, met al die genade en wysheid tot ons beskikking. Die geleentheid is besig om geskep te word vir ons deur die groot chaos wat gaan volg op voortslepende stakings en die leierstryd in die ANC. Moet vir geen oomblik dink dat hierdie chaos self gaan verdwyn en ons weer in ’n utopie gaan woon nie; dis Afrika hierdie, en ons moet hierdie geleentheid reg benut.

Daar wag binnekort ’n taak op die Afrikaner wat meer deursettings- en uithouvermoë sal verg as wat die meeste van ons nog ooit aan onderwerp was.  Is ons fisies en geestelik gereed daarvoor?

free money for slotsпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.