{jathumbnail off}
Rooster 8 kleinerige tamaties en 8 repe spek teen 170 grade C vir 30 minute lank vir vier mense. ‘n Handvol dennepitte kan droog gerooster word in ‘n kleefvrye pan op die stoofplaat.
Rangskik bronkorsslaai op ‘n bord en sny ‘n klein rooi ui in dun skywe daaroor. Krummel 100g fetakaas daaroor en skep die geroosterde oondkos oor die slaai.
Bedruip met balsamiese asyn en olyfolie. Onthou die glasie koue Sauvignon Blanc…
Smaaklik!