VSA-diplomaat bedank oor Afghanistan

Deel op

‘n Amerikaanse diplomaat is só ontnugter deur die VSA se betrokkenheid in Afganistan dat hy uit sy pos bedank het.

Hy is die eerste Amerikaanse amptenaar geword wat bedank in protes teen die agt jaar lange oorlog, het die Washington Post Dinsdag berig.

Die 36-jarige Matthew Hoh was ‘n senior amptenaar in die staatsdepartement van Afganistan se Zaboelprovinsie totdat hy verlede maand bedank het.

Hoh het in ‘n brief op 10 September aan die staatsdepartement se personeelhoof geskryf: “Ek het begrip en vertoue in die strategiese prosedures van Amerika se teenwoordigheid in Afganistan verloor.”

“Ek twyfel oor ons huidige strategie en beplande toekomstige strategie. My bedanking is nie gebaseer op hoe ons die oorlog aanpak nie, maar hoekom en vir watter doel,” het hy geskryf.

Volgens die berig het die bedanking “skokgolwe tot in die Withuis gestuur.” Regeringsamptenare het vergeefs probeer om Hoh te oorreed om te bly.

Die regering is glo bekommerd dat hy ‘n prominente kritikus teen die Amerika se Afganista-beleid gaan word.

 

циркуляционные насосы для повышения давленияФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.