In ‘n soortgelyke proses is die Land- en Landboubank leeg geplunder. Die blanke landbouers kon na die plundering geen hulp en geen voordele verkry nie; hulle is eenvoudig vir die wolwe gegooi. En toe het moordbendes boonop die boere begin uitmoor. Maar die punt is, die beheerrade se bates wat hoofsaaklik bestaan het uit die heffings wat van produsente gevorder is, het in die hande van die ANC-plunderaars verdwyn. Terloops kan gemeld word dat Thabo Mbeki voor 1994 by geleentheid aan my persoonlik verklaar het dat swartmense nie kan boer nie en dat hulle nooit sal leer om te boer nie. Só bring die teeplantasies in Magoebaskloof en die sitrusplaas te Zebediela pynlike herinnerings na vore. Die afleiding is onteenseglik, dat net soos Mbeki gesê het, hulle nog kon nooit boer nie; erger nog, hulle sal nooit leer om te boer nie.
Die volgende reeks slagoffers was die plaaslike owerhede, asook die streekdiensterade. Die streekdiensterade het verdwyn nadat hulle dolleeg gesteel en geplunder is onder die bedenklikste voorwendsels dat daar ondersoeke oorsee ingestel moes word of dat werkswinkels (met baie kos en drank) gehou moet word; nadat baie nuwe motorvoertuie vir amptenare aangekoop moes word, ensovoorts, ensovoorts. Elke munisipaliteit wat nog funksioneer, word nog steeds beroof en dit duur voort omdat munisipaliteite gedienstige melkkoeie is wat deurlopend deur blanke inwoners ge-“voer” word.
Ander instellings wat daarenteen vir ‘n wyle die plunderaanslae tot groot hoogte vrygespring het, is sommige sportinstellings. Die tennisfederasie het slegs ‘n uiters kort tydjie oorlewe nadat swart rowershande daarop losgelaat is. Dit was nie so eenvoudig vir Donker Afrika om die rugby te kaap nie – dit het ‘n tydjie geduur maar hulle was vasbeslote om regstellende aksie ook in rugbygeledere toe te pas en toe dit nie anders kon nie, is die hele wetgewende gesag van die agbare minister Stofile ingeroep en het hy met behulp van die nodige wetgewing ingegryp.
Die Suid-Afrikaanse rugby, soos ons dit geken het, is nou in sy laaste stuiptrekkings. Daar is egter geen manier waarop regstellende aksie ooreenkomstig die bevolkingsamestelling bewerkstellig kan word tot behoud van die spel nie. Dit is egter te betwyfel of dit werklik die doelstelling is. Dit is veel eerder ‘n geval om hul hande te lê op die miljoene rande wat hier te aas is. Die aansienlike fondse wat tot beskikking van die rugby-administrateurs is, sal soos ‘n groen koringland voor ‘n swerm sprinkane opgeslurp word. Hulle wil nie werklik rugby speel nie, hulle wil die geld hê. Té heerlik vir woorde. Maar dit is nie al nie. Bloot om die blankes te krenk, moet daar weggedoen word met die Springbokembleem. Maar dit kan ‘n bedekte seën wees; die Afrikaner Volkseie Sport (AVS) van meneer Daan Nolte kan dit dalk erf. Die Springbokembleem kan soos ‘n ryp appel in die AVS se skoot val.
Die vraag wat hierbo in die opskrif gestel is, kan op ondubbelsinnige wyse beantwoord word dat die ANC nie wil boer nie en hulle wil ook nie rugby speel nie. Die ou geldjies wat daar te aas is, is egter baie welkom.
Nou kan ‘n mens raai hoe veilig die lottogeld nog is. ‘n Mens sidder om te dink hoe veilig die brandstoffonds is wat deur ANC-manne bedryf word. Die lotto hoef nie weer te herleef nie maar die brandstoffonds moet egter met arendsoë dopgehou word.
Onthou, ons is elke dag een dag nader aan ons eie land.