Kenia laat vigilante vry

Deel op

Die mans wat in April twee lede van die Mungiki onthoof het, is onlangs weer vrygelaat.

Die Mungiki is self bekend daarvoor dat hulle hul slagoffers onthoof.

Die twee jong mans se vingers is eers afgekap voor hulle onthoof is tydens ‘n voorval in die stad van Karatina in April.

In dié skermutseling tussen lede van die Mungiki en ‘n plaaslike vigilante-groep, het 29 mense hul lewens verloor.

“Die twee beweerde Mungiki lede is deur ‘n gepeupel wat klaarblyklik deur ‘n vigilante-groep ondersteun is, doodgemaak,” het die polisie aan die media gesê.

Die 21 mans wat in hegtenis geneem is vir die April geweld, is Vrydag vrygelaat.

Maina Njenga, voormalige Mungiki leier, is ook vrygelaat.

 

машинки на радиоуправлении купить киевтопкарго

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.