Jonges moet betrokke raak, sê VF+

Deel op

Die onderskeie jeug takke van die Vryheidsfront Plus in Gauteng het die naweek reorganiseer en `n nuwe dagbestuur aangewys. Die dagbestuur is as volg:

Voorsitter: James Kemp

Onder-voorsitter: Hector Beyers

Sekretaris: Charl Oberholzer

Dagbestuurslid: Marcus Pawson

Dagbestuurslid: Werner Joubert

Volgens die provinsiale leier, mnr. Jaco Mulder speel die jeug `n baie belangrike rol in Gauteng. “Daar is verskeie kampusse waar ons gevestigde steun het, en dit is belangrik om aan te hou om daardie studente se belange te beskerm,” sê Mulder.

Daar is tydens die vergadering ook besluit om meer jong werkendes by die strukture te betrek aangesien dit te dikwels gebeur dat hulle onbetrokke raak wanneer hulle eers in `n beroep staan.

“Jongmense wat die beroepswêreld betree het kan `n groot bydrae lewer tot hul gemeenskappe. Dit gebeur egter gereeld dat hulle vasgevang word in hul beroepe en dan slegs om die braaivleisvure oor die probleme in Suid-Afrika praat. Ons moet hulle ook mobiliseer om aktief betrokke te raak en `n verskil te maak,” het Mulder bygevoeg.

 

магазины игрушек украинаОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.