Laat Derby-Lewis vry!

Deel op

Die Bevry Clive Derby-Lewis veldtog het `n skrywe aan die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula gestuur waarin vra gestel word oor Derby-Lewis se paroolaansoek. `n Woordvoerder van die veldtog, James Kemp sê hulle sal graag duidelikheid wil hê oor hoekom Derby-Lewis steeds in die gevangenes is.

Die weduwee van wyle mnr. Chris Hani is meer as `n jaar gelede genader om insette te lewer, nadat die paroolraad Derby-Lewis vir parool aanbeveel het. Tot op datum het sy nog nie insette gelewer nie en speel dit `n groot rol in die vertraging van die proses.

“Ingevolge die wet op Korrektiewe Dienste kwalifiseer hy in meer as een opsig vir parool. Die minister moet verduidelik waarom hy vir parool geweier word terwyl Almond Nofemela, wat in die apartheidsjare deel was van `n moordbende wat ANC-lede geteiken het, wel vrygelaat is,” sê Kemp.

In die skrywe word daar ook gevra of die minister opdrag gegee het dat mnr. Derby-Lewis se aansoek onbepaal uitgestel moet word. Mnr. Derby-Lewis het gedurende Junie vanjaar weer voor die paroolraad verskyn. Daar is hy meegedeel dat die minister opdrag gegee het om sy aansoek onbepaald uit te stel.

“Die hoofdoel van die departement korrektiewe dienste is om gevangenes te rehabiliteer. Nie om hulle onbepaald en sonder rede in die gevangenes te hou vir langer as wat nodig is nie. Mnr. Derby-Lewis is in sy sewentigs, langer as vyftien jaar in die gevangenes en `n model gevangene. Ware geregtigheid sal wees om hom vry te laat,” het Kemp bygevoeg.

 

детский игры для девочекданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.