Die nuwe rektor versaak akademie

Deel op

Professor Jonathan Jansen, nuut aangestelde rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het ʼn stang in die bek gekry. Dit was net ʼn kwessie van tyd voordat Jansen se versoenende houding jeens blankes, deur Cosatu en die Ministerie van Hoër Onderwys ondersoek, gekritiseer en verdoem sou word.

Sy terugtrek van die aanklagte teen die sogenaamde “Reitz-vier” se onskuldige video-opname, oor ʼn dekades-lange tradisie van inlywing in ʼn universiteitskoshuis, staan die politici nie aan nie. Daar sal tot op die laaste sent terugbetaal word vir die skynbare verdrukking en onmenslikhede van die verlede, hede en toekoms.

Dit is juis hier, met Jansen se intrapslag as opperhoof van ʼn akademiese instelling, waar hy sy grootste fout gemaak het. As akademikus moes hy hom eerstens toegespits het op die akademiese probleme van die Universiteit van die Vrystaat. Maar helaas het hy, soos in die geval van die baie aanstellings in hoë poste, waar ervaring nie noodwendig as kriterium gebruik word nie, in die versoeningslaggat getrap.

Die Universiteit van die Vrystaat, of Kovsies, soos dit algemeen bekend staan, het een van die beste mediese fakulteite in die land gehad. Nie net wat die opleiding van dokters en spesialiste betref nie, maar ook waar dit gekom het by mediese navorsing. Hierdie fakulteit is tans gedegenereer tot die swakste in Suid-Afrika.

Die toekoms van die Universiteit van die Vrystaat se skool vir geneeskunde is in die gedrang weens onder meer ’n gebrek aan geldelike steun en belangstelling. Die kans is groot dat hierdie fakulteit dus gaan sluit. En dit, waar ons met die situasie in Suid-Afrika sit, waar slegs 0,58% dokters per 1000 mense opgelei word. In derdewêreldse lande soos Mexiko en Brasilië word tans twee dokters per 1000 mense opgelei.

Volgens professor Andries Stulting, waarnemende hoof van die UV se skool vir geneeskunde, is daar is ’n algehele ineenstorting van mediese- en hospitaalstelsels in die Vrystaat. Daar kan nie eens meer minder belangrike operasies gedoen word nie.

Pasiënte met breuke en katarakte word nie meer geopereer nie. Mense word blind en kan dan nie hul werk doen nie. Stulting het gesê hulle het nie eens die mees basiese benodigdhede nie en tot agt pasiënte word noodwendig in vierbed-sale geprop.

Elders in die land gaan dit beslis nie beter nie. By die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad moet ongevalle pasiënte tot drie dae wag voordat daar ʼn bed beskikbaar is. Intussen moet hulle op stoele rondsit of op hospitaaltrollies op stoepe of in die gange lê.

Daar word dus ʼn swart prentjie geskep vir die toekoms van hospitale en mediese sorg in Suid-Afrika.

Maar gesonde babas wat sterf en mense wat totaal blind word omdat ʼn eenvoudige katarak-operasie nie kan uitgevoer word nie, blyk nie vir mense soos Blade Nzimande en al die groot monde by Cosatu ʼn prioriteit te wees nie. Hulle versprei eerder propaganda oor die onmenslike witman en verwoes die toekoms van vier blanke seuns wat seer sekerlik, ná hulle studies, positief tot die land se toekoms sou kon bydra.

 

demo games casinoлобановский александр

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.