Reitz-vier vandag voor

Deel op

Die saak teen die vier Reitz-studente sal Maandag begin in die Bloemfonteinse Streekshof open.

Lede van die ANC en Cosatu het aansoek gedoen vir toestemming om voor die hof te betoog, het die woordvoerder vir die Vrystaatse polisie, kaptein Rulene Kühn, gesê.

“Ons het operasionele planne in plek om enige voorvalle te hanteer. Die openbare orde polisie en misdaadvoorkomingseenheid sal die situasie monitor.”

Teen 8vm was alles stil, het sy gesê.

Die verskyning van RC Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler kan uitgestel word, het die Nasionale Vervolgingsgesag oor die naweek aangedui.

“Dit mag wees dat die Staat vir uitstel vra om die kwessie versigtig te oorweeg in die lig van voorstellings wat Woensdag deur die verdediging ingehandig is,” het Medupe Simasiku, woordvoerder van die NVG in in Bloemfontein gesê.

Die vier studente van die Reitzkoshuis word aangekla omdat hulle vyf swart personeellede glo verneder het in ‘n ontgroeningsritueel wat hulle verfilm het.

Die vier swart vroue en een swartman kan gesien word waar hulle op hulle knieë kos eet “waarin daar glo geurineer is”, het Sapa berig.

Die studente het ook hulle teenkanting teen die universiteit se integrasiebeleid in die video geopper.

Jonathan Jansen het verlede week vir opslae gesorg toe hy die vier studente “vergewe” het en hulle genooi het om weer hulle studies aan die universiteit te hervat indien hulle sou wou.

Twee van die studente het reeds hulle studies voltooi, maar die ander twee beplan om terug te keer na die kampus.

Die stap het skerp kritiek ontlok van anti-Afrikaanse organisasies en die nuwe rektor genoop om sonder verwyl Sondag te swig voor die druk en “alle betrokkenes buite en binne die UV… te nooi om die universiteit se bestuur te ontmoet oor die wyse waarop konsensus bereik kan word oor die pad vorentoe”.

 

сделать мед справкуФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.