Transformasie is iets wat met ander mense gebeur

Deel op

Ek is nie ‘n groot aanhanger van die uiters vervelige spel, sokker, nie. Dit is vir my interessanter om 90 minute lank na ‘n muur te staar as wat dit is om te kyk hoe 22 sissies die bal doelloos (dikwels letterlik en figuurlik) heen en weer skop, en dan op teatrale wyse neerval en krul van nagebootste pyn as iemand skeef vir hulle kyk. Dit is veral kommerwekkend om te sien met hoeveel geesdrif sommiges mekaar omhels wanneer daar wel ‘n doel aangeteken word.

Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika loshande die rykste land op die kontinent is, en oor ‘n poel van sowat vyftig miljoen sokkergeesdriftiges beskik, is die Azaniese sokkerspan se vertonings pateties, om die minste daarvan te sê.

Alhoewel ek nie ‘n sokkerkenner is nie, sou ek terloops nie verbaas wees as ‘n span met Afrikanersokkerspelers gevul, die Piesang-Piesangs ore sou aansit nie. Sokker vereis nie brute krag nie maar goeie vaardighede en vinnige denke, wat verduidelik waarom Europese en Suid-Amerikaanse lande dié spel oorheers, en waarom dit uitsonderlik is as ‘n Afrikaspan die kwarteindrondte haal. As SAFA wel ernstig iewers wil kom met internasionale sokker, sou ek aanbeveel hulle gaan werf spelers by Affies of Grey-kollege.

Hoe dit ook al sy, dit lyk ten tye van die skryf hiervan feitlik na ‘n uitgemaakte saak dat die Brasiliaan, Carlos Parreira, vanmiddag om 14h00 aangewys gaan word as die jammerlike Banana-Bananas, jammer, Bafana–Bafanas, se afrigter. Die perskonferensie vind op die lughawe plaas, kort ná die landing van die vlug uit Sao Paolo.

Wat vir my wel baie interessant is oor Parreira se aanstelling, sou dit gebeur, was dat die laaste paar wedstryde met hom aan die stuur voor hy terug is Brasilië toe net so swak was soos dié onder sy opvolger, nog ‘n Brasiliaanse Portugees, Joel Santana. Nietemin was daar skynbaar nie eens ‘n enkele swart afrigter wat die pos kon vul nie. SAFA het stellig drie maal na mekaar verkies om ‘n buitelander aan te stel (Parreira, Santana en moontlik weer Parreira.) Clive Barker was die blanke afrigter wat aan die stuur was toe die Piesang-Piesangs wel effens suksesvol was. Waarom het SAFA so min vertroue in die swart afrigters? Waar is julle mooipraatjies oor rassistiese transformasie nóú, SAFA? Snaaks hoe die vooruitsig van ‘n vernedering in 2010 veroorsaak dat die transformasieonderrok so lelik begin uithang.

Presies dieselfde verskynsel vind mens by die swart politieke elite. Wanneer dit lewensbelangrik is, soos dat die Piesang-Piesangs goed moet vertoon tydens die Sokkerwêreldbeker, is net die beste goed genoeg. Dan vlieg alle praatjies oor die sogenaamde belangrikheid van rassistiese transformasie by die venster uit, en gaan dit suiwer om meriete, om die beste man vir die pos.

Jacob Zuma is deur ‘n blanke advokaat, Kemp J Kemp, verdedig. Die boodskap: wanneer dit oor Zuma se eie belang gaan, is transformasie van sekondêre belang en vereis Zuma die beste, al is die beste blank.

Robert Mugabe kan blankes eenvoudig nie uitstaan nie, behalwe as Mugabe self siek is. Dan spring dit op ‘n vliegtuig vir behandeling in die blanke Spanje. Weg is Mugabe se swart bewussyn. Ek verkwalik Mugabe nie hieroor nie. As iemand ‘n breinoperasie op my moet uitvoer, sal ek verkies dat dit nie ‘n dokter is wat toelating tot die mediese fakulteit op grond van sy velkleur en nie sy akademiese prestasie verkry het nie.

Soos Julius Malema heeltemal korrek uitwys, weet die ANC-regime waar sy brood gebotter is. Ministers van finansies of die hoofde van die Ontvanger van Inkomste is kleurlinge of Indiërs, want die ANC wil hê dat die plundery van die blanke belastingbetaler met die maksimum doeltreffendheid moet plaasvind, iets wat ‘n Afrikaan skynbaar as hoof diskwalifiseer. Mens moet jou afvra waarvoor die ANC bang is, dat hulle SARS liefs aan ‘n Indiër toevertrou? Vrees hulle stellig dat ‘n Afrikaan aan die hoof van SARS sy eie departement sal plunder nes hierdie RA-aanstellings maak?

Wanneer dit in hul eie belang is, of dit nou met sokker, hofsake, hul eie gesondheid of hul geldsake is, is transformasie vir Afrika se elite iets wat met ander mense moet gebeur.

Lees Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

люстры отечественного производстваФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.