ANC-jeug wil hê Caster moet steeds as ”n meisie hardloop’

Deel op

Die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, sê die organisasie gaan hom daarvoor beywer dat die omstrede 800m-atleet Caster Semenya steeds as “‘n meisie kan hardloop”.

Malema het gisteraand by ‘n dinee ter viering van die ANC-jeugliga se 65ste bestaansjaar by die Johannesburgse Buiteklub gepraat.

Die Jeugliga het Semenya en die die Wêreldkampioenskapsmedaljewenners Khotso Mokoena en Mbulaeni Mulaudzi vereer, met ‘n aantal ANC-politici soos Winnie Madikizela-Mandela en Matthews Phosa wat die geleentheids bygewoon het.

“As ons namens Caster praat, gaan dit nie oor haar nie, dit gaan oor die behandeling wat jong vroue ontvang, veral in ‘n landelike omgewing. Mense sien neer op hulle,” het hy gesê.

Malema het teen die “media in buitelandse besit” uitgevaar omdat daar negatief oor Semenya berig is.

“Ons moet die media in buitelandse besit troef wat ons daarvan wil weerhou om hierdie oorwinning te vier.”

Met verwysing na die Star-koerant, het hy gesê die rede waarom die koerante soveel negatiewe berigte oor die ANC-jeugliga bevat, is omdat hulle geen belang in Suid-Afrika het nie.

“Moenie oor persvryheid en sulke goed praat nie.”

Malema, wat in ‘n grap die regering ‘n subkomitee van die Jeugliga genoem het, het ook gesê hy glo dat die afrigter van die Bafana Bafana ‘n Suid-Afrikaner (m.a.w. ‘n swarte) behoort te wees.

“Die nuwe leierskap van SASV behoort erkenning aan swart leierskap in sport te gee,” het hy gesê. “Dis ‘n direkte ondermyning van ons kapasiteit en vermoë om leierskap te voorsien. Hoekom dink u daar is nie ‘n enkele persoon wat Bafana Bafana suksesvol kan afrig nie?”

игра для дивчатОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.