Tutu kry seksvoorligting

Deel op

Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het ‘n les gekry in seksvoorligting by die eerste verjaarsdag van die Tutu Tester, ‘n mobiele MIV- en TB-kliniek.

Die Tester, wat ook berading voorsien, is ‘n projek van die MIV-stigting waaraan Tutu se naam gekoppel is.

Alhoewel die kliniek reeds ‘n jaar gelede op die pad gesit is en reeds 10 000 mense getoets het, het Tutu dit nog nie te vore te siene gekry nie.

Daarom het hy Donderdag besoek afgelê aan die kliniek en ‘n stuk sjokoladekoek geniet. Hy is ook vir MIV getoets en hy het ‘n les in seksvoorligting by ‘n verpleegster gekry waartydens hy ‘n kondoom oor ‘n houtpenis moes afrol.

“Ek moes vreemde goed doen, baie vreemde goed. Ek moes selfs leer hoe om ‘n kondoom aan te sit,” het Tutu na afloop van die verrigtinge gesê.

“Maar dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Dit is eintlik baie ernstig,” het hy bygevoeg.

“Ons het so ‘n mooi land. Kom ons kyk na onsself. Weet wat jou status is, gebruik ‘n kondoom en wees asseblief getrou aan jou maat.”

Die Tutu Tester het glo reeds heelwat sukses bereik en vele persone is bereid om hulle te laat toets.

 

пупсы купитьалександр лобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.