12 vas na oproer

Deel op

Twaalf mense is in hegtenis geneem tydens geweldadige betogings in Riverlea, het polisie Donderdag gesê.

Insp. Gordon Billing sê die betogers het teen 04:00 begin betoog en polisie moes rubberkoeëls gebruik om die skare uitmekaar te jaag.

“Dit was onverwags, ons was nie bewus van enige betogings nie,” het Billing gesê.

Dié betogings het glo oor swak dienslewering asook behuising gegaan en een inwoner is ook daartydens beseer.

“Ons moes rubberkoeëls gebruik toe die betogers motors met klippe begin gooi het en die optog geweldadig geraak het,” het hy gesê.

Billing kon nie bevestig presies hoeveel mense betoog het nie.

Die skare het in Nasrecstraat betoog en die pad is met brandende motorbande afgesper. Dit is sedertdien weer heropen.

Volgens Billing is die situasie meer kalm maar word dit steeds gemonitor en sal polisie steeds oornag op hul hoede wees. Hy sê hy is nie seker of die betogings Vrydag voortgesit sal word nie.

 

стенд развалАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.