Polisie brand op skare los

Deel op

Vier mense is in hegtenis geneem en een persoon is beseer toe die polisie met rubberkoeëls op ‘n woedende skare betogers in Riverlea losgebrand het.

Volgens insp. Gordon Billing, polisiewoordvoerder, het die betogers omstreeks 04:00 Donderdagoggend naby Soccer City saamgekom en die pad afgesper.

Die betogers is glo ongelukkig oor swak dienslewering, asook ‘n tekort aan behuising.

“Ons moes rubberkoeëls gebruik om die skare op te breek. Die betogers het aggressief begin raak en verbygaande motors met klippe bestook,” het Billing gesê.

Dit is nog nie bekend hoeveel betogers betrokke was nie.

Die polisie monitor die situasie.

big bad woldАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.