Israel val Gasa aan

Deel op

Die Israeliese weermag het lugaanvalle teen ‘n wapenfabriek en twee tonnels in die Gasastrook geloods na vuurpyle vanuit dié Hamasbeheerde area op Israel gevuur is.

“Ons lugmag het gisteraand ‘n wapenfabriek en twee ondergrondse tonnels naby Gasa se grens met Egipte, wat vir wapensmokkelary gebruik word, aangeval,” het ‘n militêre woordvoerder aan AFP gesê.

Die militêre woordvoerder het bygevoeg dat geen ongevalle of skade deur die Palestynse vuurpyle, wat in die Negev-woestyn geland het, aangemeld is nie.

Sedert die beëindiging van Israel se verwoestende aanvalle teen Gasa op 18 Januarie vanjaar, het Palestynse militante vegters sowat 125 vuurpyle en 76 mortierbomme op Israel afgevuur, volgens Israeliese syfers.

Ongeveer 1 400 Palestyne en 13 Israeliete is dood tydens verlede jaar se 22-dae lange aanval deur Israel in ‘n poging om vuurpylaanvalle vanuit die Gasa-strook te keer.

 

освещение магазина фотоФильчаков прокурор харькова

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.