Burgemeester van Pretoria uit haar amp geskors

Deel op

Die Vryheidsfront Plus het betroubaar verneem dat die Burgemeester van die Tshwane-metroraad, dr. Gwen Ramokgopa, tydelik uit haar amp geskors is. Verder is die stadsbestuurder, Kiba Kekana asook lede van die Burgemeesterskomitee, nl. Absolom Ditshoke en Zodwa Masondo uit hulle ampte geskors.

Die Vryheidsfront Plus het gister in ‘n verklaring geëis dat die Burgemeester en haar komitee verwyder moet word vanweë swak dienslewering en die ernstige finansiële krisis waarin hulle die stad gedompel het.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, was die VF Plus hierdie stap te wagte omdat daar lank reeds in ANC-geledere groot ontevredenheid is met Ramokgopa (‘n Mbeki-aanstelling’) en die burgemeesterskomitee.

“Die VF Plus verwelkom die gerugte, maar is bekommerd oor die feit dat die Burgemeester maar net deur ‘n ander ANC-lid vervang sal word. Hoewel enige verandering tans ‘n verbetering sal wees, sal die VF Plus slegs tevrede wees wanneer ‘n koalisie van partye na die komende munisipale verkiesings hul eie Burgemeester kan aanwys,” het Beyers gesê.

Vroeër is ‘n verslag deur die onafhanklike graderingsmaatskappy, Empowerdex bekendgemaak, wat bevind het dat die Tshwane-metroraad geen basiese dienste aan byna ‘n kwart (23.8%) van sy inwoners verskaf nie. Dit sluit in basiese dienste soos toegang tot behuising, kraanwater, sanitasie, vullisverwydering en elektrisiteit.

Pretoria word ook in die verslag aangedui as die slegste stad om in te woon in die hele land vanweë swak dienslewering. “‘n Voortsetting van die huidige swak bestuur sal tot ‘n ineenstorting van die munisipaliteit lei. Dit sal tot verdere onrus en geweld lei wat selfs die 2010 FIFA Wêreldbeker kan ontspoor.”

Die VF Plus is skepties oor die ANC se vermoë om die stad reg te ruk, want onder ANC-beheer het talle problem ontstaan, insluitende

· Ineenstoring van die stad se finansies vanweë swak bestuur en spandabelrigheid;

· Talle klagtes van swak diens waar daar eenvoudig geen reaksie uit die metroraad verkry kan word nie, selfs in gevalle van dringende navrae en aanmeld van probleme.

· Swak wetstoepassing op paaie, met onder andere taxi’s wat toegelaat word om die wet na willekeur te verbreek;

· Uitbrei van plakkerskampe in gevestigde gebiede;

· Polarisasie van die stad se bevolking deur onverantwoordelike naamsveranderings, terwyl die meerderheid van die stad se inwoners in strate sonder name woon;

· Politieke inmenging in stadsadministrasie deur die aanstel van ANC-lojaliste in sleutelposisies, met die daaropvolgende uitvloei van kundigheid.

справка в бассейнданильченко юрій броніславович компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.