‘n Vroeë voorspelling vir 31 Oktober

Deel op

Laat ek dit onomwonde stel: ek is ‘n ondersteuner van die Bulle. Hoe dan anders vir ‘n oud-Tukkie en inwoner van Verwoerdburg?

Ek is egter bevrees dat dinge nie so goed sal lyk vir mense soos ek op 1 November 2009 nie. Op daardie datum gaan die Vrystaat die Curriebekerkampioen wees, as jy my vra.

Hier is my redes:

1. Die Bulle se skrum is al die ganse seisoen verdag, en met tye bra beroerd. Die Vrystaat, daarenteen, het die Haaie se Springbokvoorry die afgelope naweek ‘n absolute les in skrumwerk geleer. Die Vrystaatse voorry is ‘n orde beter as die regstellende-aksie Zimbabwiese Mtwarira en die blygemaakte haker, John Smit. Die Bulle se skrum, wat op sy beurt swak afsteek teen die Haaie s’n, gaan op 31 Oktober deurentyd in trurat werk. Beide Fourie du Preez, die beste skrumskakel op aarde, en sy losvoorspelers gaan gevolglik geneutraliseer word. Met jou skrum op die agtervoet, kan jou losvoorspelers glad nie so effektief aanval of verdedig nie.

2. Heinrich Brussow. As balsteler het hierdie korterige fenomeen geen gelyke nie. George Smith en Richie McCaw kan loop slaap. Hierdie Afrikanerseun is die beste losvoorspeler in wêreldrugby. Hy gaan die lewe hel maak vir die Bulle se losvoorspelers. Omgekeerde balbesit, ten gunste van die Vrystaat, gaan aan die orde van die dag wees.

3. Die onlangse geskiedenis. Die Bulle het onlangs gesukkel teen die Vrystaat in die eindstryd. Een keer was dit verloorsake, een keer gelykop.

Daar is enkele faktore wat die Vrystaat se opmars kan kniehalter. Een is hulle lynstaan, en die tweede is die stelskoppery. Ek is egter van mening dat die bogenoemde drie faktore deurslaggewend gaan wees.

Dus: ek gaan die Curriebekereindstryd op 31 Oktober met een oog dophou, siende dat my span, die Bulle, nie veel van ‘n kans het nie. My troos gaan wees dat die Vrystaat beslis my tweede gunstelingspan is. Ek is veel, veel gelukkiger daarmee dat die Curriebeker deur die Vrystaat gewen word, as deur die kunsmatige Haaie se gekoopte geldspan, of die WP met die afstootlike Puke Watson as kaptein.

Lees Anton Barnard se woernaal, SAmizdat.

купить липецк ключилобановский александр фото

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.