Argitek van Mbeki-beleid bedank

Deel op

Joel Netshitenzhe, raadgewer in die presidensie, sleutelargitek van beleid in die Mbeki-era en ‘n senior ANC-lid, het bedank.

Die presidensie het Dinsdag in ‘n verklaring gesê Netshitenzhe se bedanking kom ná ‘n “bespreking en gesamentlike ooreenkoms” met Trevor ­Manuel, minister van beplanning.

Netshitenzhe, 52, is sedert 1994 werksaam in die regering.

“Hy was die eerste uitvoerende hoof van die regeringskommunikasiediens (GCIS). Hy het ‘n belangrike rol gespeel in stigting van die beleidskoördineringsliggaam (PCAS) in die presidensie, waarvan hy die hoof was.”

“Die presidensie wil Netshitenzhe bedank vir sy toegewyde openbare diens en wens hom alle sterkte toe,” het die presidensie gesê.

 

купить детскую футболку щенячий патрульФильчаков Александр Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.