Ses aangekeer na aanval op polisiestasie

Deel op

Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat ‘n skare mense klippe na die Emawotipolisiestasie buite Durban gegooi het.

Sowat 500 mense het Sondag buite die polisiestasie betoog en aangedring daarop dat ‘n lid van die gemeenskap wat in hegtenis geneem is, vrygelaat word.

Polisie het rubber koeëls gevuur om die skare uitmekaar te jaag voordat vyf mense in hegtenis geneem is.

Volgens supt. Vincent Mdunge is nog ‘n persoon Dinsdag in hegtenis geneem vir die besit van ‘n vuurwapen wat glo tydens talle moorde gebruik is.

Die man wat Dinsdag in hegtenis geneem is, was een van die aanvoerders van die skare.

 

betting sites freeЛобановский

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.