Spioen in VSA vasgetrek

Deel op

‘n Amerikaanse wetenskaplike is Maandag in hegtenis geneem en vir poging tot spioenasie aangekla nadat hy probeer het om geklassifiseerde dokumente aan ‘n geheime agent, wat hy geglo het is ‘n Israeliese spioen, te verkoop, het die Amerikaanse departement van Justisie gesê.

Stewart David Nozette, wat vir die Amerikaanse departemente van verdediging en energie en NASA gewerk het, is later in die dag in ‘n distrikshof in Washington aangekla.

Die 52-jarige van Maryland sal Dinsdag in die hof verskyn en kan ‘n lewenslange tronkstraf in die gesig staar indien hy skuldig bevind word.

“Diegene wat ons land se verdedigingsgeheime probeer verkoop kan verwag om ernstig gestraf te word,” het Channing Phillips, die waarnemende advokaat vir die distrik van Columbia gesê.

Volgens die klagstaat was Nozette verlede maand deur ‘n geheime agent gekontak wat voorgegee het dat hy van die Israeliese intelligensie agentskap Mossad is.

Nozette het ooreengekom om geheime inligting oor Amerikaanse satelliet sisteme in ruil vir geld te verskaf.

Hy het ‘n paar weke later die inligting in ‘n poskantoorboks gaan plaas wat deur die geheime amptenaar opgestel was.

 

детские мягкие игрушкиалександр лобановский супермаркет класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.