Geen wenner in Afrika-leierskapprys van $5m nie

Deel op

CNN berig dat ‘n prys vir goeie leierskap ter waarde van $5 miljoen op dramatiese wyse Maandag aan… niemand toegeken is nie.

Dit was die eerste keer in die drie jaar oue geskiedenis van die Mo Ibrahim-prys, dat die komitee nie ‘n wenner aangekondig het nie.

“Die pryskomitee het ‘n paar geloofwaardige kandidate in aanmerking geneem. Ná ‘n in-diepte-oorsig kon die pryskomitee egter nie ‘n wenner selekteer nie” het die komitee in ‘n verklaring gesê.

Demokraties verkose presidente en eerste ministers van Afrika wat hul amp in die afgelope drie jaar verlaat het, kom in aanmerking vir die prys. Voormalige presidente Thabo Mbeki van Suid-Afrika en John Kufuor van Ghana het vanjaar so  vir die prys in aanmerking gekom.

Ibrahim, wat tydens Maandag se geleentheid gepraat het, het gesê dat die raad die onafhanklike pryskomitee se besluit aanvaar het. Hy het dit afgelag toe gevra is of die prys nie toegeken is nie weens ‘n gebrek aan prysgeld.

“Ongelukkig gee die pryskomitee geen aandag aan my banksaldo nie, om die waarheid te sê, hulle sien dit glad nie,” het Ibrahim verder gesê. “Die pryskomitee is ‘n geslote liggaam, en hulle neem die besluit in isolasie van die raad. Oms moet daardie besluit respekteer.”

Ibrahim, ‘n Soedanees-gebore sakeman wat ‘n fortuin in die selfoonbedryf gemaak het, het die stigting wat sy naam dra in 2006 in die lewe geroep. Volgens Ibrahim het hy, toe die stigting die prys begin toeken, op daardie stadium alreeds gesê het “dat daar jare mag wees waarin geen wenner verkies word nie, en vanjaar is so ‘n jaar”.

Die voormalige sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies, Kofi Annan, was die voorsitter van die pryskomitee, wat ook die volgende persone ingesluit het: verlede jaar se Nobelvredespryswenner, Martti Ahtisaari, Mohamed ElBaradei, die direkteurgeneraal van die Internasionale Atoomenergieagentskap en nog ‘n Nobelwenner, Graça Machel, kanselier van die Universiteit van Kaapstad, en voormalige minister van opvoeding en kultuur in Mosambiek, Mary Robinson, voormalige president van Ierland en voormalige V.N.-hoëkommissaris vir menseregte; asook Salim Ahmed Salim, ‘n voormalige eerste minister van Tanzanië.

Die prys is drie keer groter as die Nobelprys. Verlede jaar het dit aan Festus Gontebanye Mogae, die voormalige president van Botswana, gegaan. En die jaar voor dit, aan Joaquim Alberto Chissano, die voormalige president van Mosambiek.

wedding jewelleryДанильченко Юрий прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.