Bafana pos hul afrigter

Deel op

Daar is slegs 235 dae voordat die Wêreldbekersokkertoernooi afskop, en Suid-Afrika se sokkerspan sit sonder ‘n afrigter.

Die Brasiliaan Joel Santana het die trekpas gekry vir Bafana Bafana se ellendige vertonings waarin hulle agt van hul laaste nege wedstryde verloor het.

Die hulpafrigters Jairo Leal en Pitso Mosimane dien tans as waarnemende afrigters.

Ten spyte van sy powere vertoning, was Santana verlede week nog seker dat hy sy werk sou behou. Suid-Afrika het onlangs met 0-1 teen Ysland verloor toe Ysland 23 plekke onder Bafana op die wêreldranglys was.

“Ek bly net waar ek is. Ek het nog nooit van ’n afrigter gehoor wat gepos word as hy vriendskaplike wedstryde verloor nie,” het hy by die span se terugkoms uit Reykjavik aan die media gesê.

Santana spog met die onderskeiding dat hy die eerste Bafana-afrigter geword wie se span ses agtereenvolgende wedstryde verloor het.

Daarbenewens het Bafana ook twee keer onder hom tot op die 85ste plek op die wêreldranglys gedaal.

In 1996 was Bafana op die 16de plek op dié lys. Dit is hul swakste posisie in 15 jaar.

 

bridal jewelleryпрокурор харьковской области

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.