Reitzklag nie laat vaar, sê Jansen

Deel op

Die klagtes teen vier studente van die Universiteit van die Vrystaat oor ‘n rassistiese video-opname is nie teruggetrek nie, het Jonathan Jansen, die universiteit se rektor, Maandag gesê.

“Dit moet duidelik gemaak word,” het hy in ‘n nagverklaring gesê.

“Drie prosesse is onderweg en hulle moenie verwar word nie.”

Volgens hom staan die klagtes deur die Direktoraat van Spesiale Vervolgings in die provinsie, sowel as die menseregteklagtes deur die Menseregtekommissie nog.

“Die universiteit het slegs hulle eie klagtes teen die studente teruggetrek, sover as wat universiteits-prosesse gaan. Hulle het besluit om die studente terug te nooi om hul studies te voltooi en om Reitz weer oop te maak as ‘n model van sosiale regverdigheid en rasseversoening as ‘n uitsonderlike universiteitswoning.”

Besluit op twee faktore gebaseer

Volgens Jansen is die besluit, wat onder die universiteit se gesag resorteer, op twee faktore gebaseer.

Hierdie was die “instituut se eie aanspreeklikheid vir wat gebeur het en omdat die kondisies geskep is waaronder rassisme en rasse-aanvale op die kampus moontlik was…die instituut se behoefte om die omstandighede te skep vir rasse-versoening op ‘n diep verdeelde kampus en om deur dit die kanse vir transformasie by die UVS te versnel.”

“Daar was breedvoerige konsultasies” oor die nood om die kwessie op te los, het hy gesê.

Tom Coetzee, ‘n regskenner van Noordwes Universiteit, het gesê dat die UVS se besluit om sy klag teen die vier terug te trek, irrelevant tot die kriminele saak is.

“Die staat is die enigste een wat kan besluit of die kriminele vervolging aangaan of nie,” het Coetzee Maandag gesê.

“Die rektor se aankondiging is op hierdie stadium irrelevant.”

Die Reitzkoshuis was in Februarie 2008 in die middel van ‘n rassistiese storm na ‘n video, waarop vyf swart werkers van die koshuis vir die grap ingelyf word, opgeneem en aan die publiek bekendgemaak is.

Die beskuldigdes is RC Malherbe, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en Danie Grobler.

Die saak sal na verwagting op 26 Oktober begin.

 

оборудование дляОлександр Васильович Фільчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.