Button nuwe F1-wêreldkampioen!

Deel op

Die Britse renjaer Jenson Button het uiteindelik ná amper 10 jaar se probeerslae die bestuurderswêreldtitel ingepalm. Die Brasiliaanse formule-eenwedren het sommer van die tweede rondte af vonke laat spat. Rubens Barichello het van die voorpunt af weggespring en mooi uit die moeilikheid uit gebly tot amper aan die einde. Nie net het hy met spoed gesukkel nie maar ook sommer met pap wiele.

Die Australiër Mark Webber het die wedren gewen, maar die dag het beslis aan Button behoort. Hy het die tiende Britse kampioen geword en deel nou die ereplek met groot name soos Nigel Mansel, Jim Clarke, John Surtees, Jackie Stewart, James Hunt, Damon Hill en helaas Lewis Hamilton wat ook so gemaak het.

Dit is slegs die tweede keer in die geskiedenis dat twee Britte mekaar in die kampioenskap opvolg. Die vorige keer was vier dekades gelede toe Graham Hill in 1968 die wêreldkampioenskap gewen het en Jackie Stewart in 1969 met die lourierkrans as algehele wenner weggestap het.

Hamilton was die 2008-kampioen. Vanjaar behoort aan Button. Hy het die eerste ses wedrenne van die seisoen gewen en was eintlik onstuitbaar.

‘n Vreemde toeval is dat Button gister die kampioenskap gewen het deur vyfde te eindig – net soos wat Hamilton verlede jaar gemaak het.

Brittanje het nou tien verskillende kampioene opgelewer, wat tussen hulle al 14 keer die wêreldtitel gebuit het, meer as enige ander land:

1. Brittanje 14 (Mike Hawthorn, Graham Hill (2), Jim Clark (2), John Surtees, Jackie Stewart (3), James Hunt, Nigel Mansell, Damon Hill, Lewis Hamilton, Jenson Button)
2. Brasilië 8 (Emerson Fittipaldi (2), Nelson Piquet (3), Ayrton Senna (3))
3. Duitsland 7 (Michael Schumacher)
4. Argentinië 5 (Juan Manuel Fangio)
=5. Australië 4 (Jack Brabham (3), Alan Jones)
=5. Oostenryk 4 (Jochen Rindt, Niki Lauda (3))
=5. Frankryk 4 (Alain Prost)
=5. Finland 4 (Keke Rosberg, Mika Hakkinen (2), Kimi Raikkonen)
9. Italië 3 (Giuseppi Farina, Alberto Ascari (2))
=10. Verenigde State 2 (Phil Hill, Mario Andretti)
=10. Spanje 2 (Fernando Alonso)
=12. Nieu-Seeland 1 (Denny Hulme)
=12. Suid-Afrika 1 (Jody Scheckter)
=12. Kanada 1 (Jacques Villeneuve)

в екатеринбургеДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.