Aspersieslaai

{jathumbnail off}

Kook ‘n halwe pakkie penne pasta in water en bietjie sout tot gaar en laat afkoel vir vier tafelgenote. Blansjeer 12 dun vars groen aspersiepunte in kookwater intussen. Die aspersies moet nie papgekook wees nie.

Braai 100g haloumikaas wat in blokkies gesny is, tot goudbruin.

Sny ‘n halwe geel soetrissie in blokkies en 4 klein murgpampoentjies middeldeur en dan in skyfies. Meng al die slaaibestandele en strooi ‘n handvol kersietamaties en gekapte pietersielie oor die dis.

Vir die slaaisous, meng 1 eetlepel Franse mostert met een eetlepel heuning, ‘n knoffeltoontjie, een eetlepel appelasyn, een teelepel wit balsamiese asyn en ses eetlepels sonneblomolie.

Meng goed en bedruip die slaai. Lekker eet!

товары для малышей интернет магазинФільчаков Олександр Васильович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.