Nasiebou: die verlies van ‘n volk

Deel op

Die verlies van ’n volk toe ons ’n nasie wou bou!

 

Ek skryf die brief as 'n nuweling by die Afrikanerselfbeskikingsveldtog. Rapport verlede Sondag (28012007) was 'n baie goeie weerspieëling van die Afrikaanssprekende blanke Suid-Afrikaner se frustrasie met ons huidige situasie. Ek is geen politikus, leier, regse militant of doemprofeet nie, maar net 'n doodgewone Afrikaner.

Deel op

Lees asseblief die brief tot op die einde en as jy saamstem met wat ek te sê het, stuur dit aan sodat ons as ’n volk kan aanbeweeg!

In Rapport lees ek vir die eerste keer Lets Pretorius se naam raak. Onmiddellik is ek op die net om te sien of die man nie dalk die leier is waarna ons op soek is nie. Jammerlik vind ek, wat ek glo sy webtuiste is met ‘n argument tussen hom en ene Frikkie. In een gesprek word uit die Bybel aangehaal en later sommer gevloek. Nee regtig, die mense gee ons ’n swak naam – word wakker manne! Haal daai snert asseblief van die net af, ons het baie mense in die land leer lees!!!!!

Ek kry ook ander webtuistes wat handel oor die Boerebevryding en vra myself die vraag af – wie het ons volk in aanhouding? (Dit is nou hier wat dit belangrik raak om tot die einde van die brief te lees.) Sover ek weet is ek vry om my huis te verlaat, oorsee te gaan, kos te koop en die internet te besoek. Nou vir wat skryf ons ’n hele koerant vol stories en
doen 'n beroep op mense om saam te staan?

Ek glo ons volk het sy probleme by die vorige regering geërf. Ander groepe in die land het destyds nie die regering van die dag as hulle leiers beskou nie. Die Indiërs, Zoeloes en Jode byvoorbeeld, het hulle kulturele leierskap behou. Gewoonlik was die leiers van die kerk sommer ook die leiers van die volk. Met ons was dit anders. Dit was ons wat die land regeer het, en al was ons ’n paar partye wat van mekaar verskil het, was hulle tog ons leiers. Hulle het vir ons op alle vlakke gesorg: kultuur, geloof, opvoeding ens. Nie noodwendig so goed vir die ander groepe nie. Ons sou seker dan nie die probleme gehad het wat ons vandag het nie. Ek moet byvoeg dat nie almal in die Afrikanervolk het die regering 100% ondersteun nie. Ek glo ook nie dit kan so wees nie. Moet asseblief nie dink dat dit beter gaan by die ander volke nie. Ons Afrikaners is baie gou om ons eie volk af te takel oor die feit dat ons nie kan saam staan nie. Ek glo dit bring balans as ons ’n leierstruktuur in plek het (chaos as ons dit nie het nie). Dit is ook afgesaag as almal altyd ja en amen.

Met die vervanging van ons vorige regering is ons volksleiers toe ook daarmee heen. Hier kry ons toe ’n groep volksvreemdes om oor ons volksake te besluit. Mense wat vandag nog sukkel om oor die wel en wee van hulle eie volke te besluit! Nie te min het ons nie ons probleem besef nie en het aangehou kla oor die verandering van alles wat eie aan ons volk was. Die grond wat ons besit, die taal wat ons praat, ons geloof, ons skole, ons kerke, ons kultuur en ons besighede. Die bitter pil het al hoe erger geword om te sluk, tot vandag toe.

Vandag wil ek vra, watter volk, man, ouer, besigheidsman sal toelaat dat iemand anders oor die welslae van sy besgiheid, kinders en alles eie aan hom te besluit. Hoe het ons onself in so ’n gemors laat beland? My voorstel is: neem beheer terug oor ons eie sake, nie stop transformasie nie. Ek glo nog steeds dat daar vir elkeen ’n plekkie in die son is. As daar 25% van ons grond weggegee moet word, waarom besluit ons nie self oor watter, hoe en vir hoeveel nie. Ek glo ons is volwasse genoeg om regverdig te wees, slim genoeg om toe te sien dat die persone wat dit ontvang weet hoe om dit te bewerk en dan het ons ook nog genoeg dryfkrag om toe te sien dat dit alles voor die sperdatum sal gebeur. Die arme dame wat nou in beheer is daarvan sal nooit die pyp kan rook nie en dit klink vir my of sy daarby ook verskuilde agendas het.

Hoe het dit gebeur dat ek vandag in ’n stad met meer as 1 miljoen Afrikaanse gesinne met die naam van Tshwane bly, terwyl daar miljoene swartes in ’n plek met die naam Vosloorus bly? Plus ons bure van Diepsloot is nog vreeslik gelukkig met hulle dorpie. Wie gee hulle die reg? Die antwoord is ONS. Ons het hulle die reg gegee om oor ons te besluit, daar was niemand anders om dit tedoen nie.

Vandag moet dinge maar verander. Ons moet beheer terugneem oor ons leierskap. Ons moet self besluit oor ons skole. Hoe kan hulle ’n skool waarin daar net Afrikaanssprekende kinders is, in ’n woonbuurt waar daar slegs Afrikaanssprekende mense bly na ’n Engelsmedium verander? Net omdat daar dalk ’n swarte in die gemeenskap bly wat dalk Engels verkies. Basta met dit. As die Duitsers in die land hul kinders in ’n Duitse skool wil sit, dan sorg hulle dat hulle in Pretoria bly naby die Duitse skool. As jy vandag ’n huis soek, is die feit dat daar ’n goeie skool vir jou kinders is die eerste oorweging!. Ons probleem is wel weer dat ons verwag van die regering om die skole aan ons te verskaf wat ons kultuur ondersteun en dit gaan nie gebeur nie. As ons wil he ons kinder moet in Afrikaans skoolgaan, in Afrikaans aan ’n universiteit studeer is dit mos ons plig om dit te verskaf. Die regering kan sorg vir die res. Koop die verdomde skole en universiteite. As Afrikaner sal ek nie skroom om soos die Jode 10% van my salaris aan ons leiersbeweging te gee om toe te sien dat dit wel gebeur nie. Moet net nie van daardie Indiër verwag om dit vir ons te doen nie, hulle moes al die jare dit vir hulle eie nasie doen. Sou daar nou een Zoeloetjie in Afrikaans wil leer, is hy welkom. Betaal die skoolfonds en daar gaan ons.

Besluit wat ons vir ons kinders wil leer. Ek stel geensins belang in wat die Zoeloe- of Vendamoeder vir haar kinders wil leer van hulle leiers, geskiedenis of toekoms nie. So behoort hulle ook geen insae te hê in wat ons ons kinders leer nie. Dit behoort in ons hande te wees.

Almal gaan nou sê, maar ons betaal belasting, wel hulle ook. Stig ’n Afrikanerbelastingbetalersvereniging. Kontroleer die besteding van belasting, nie noodwendig op ons nie, maar op die Reënboognasie. Maak die struktuur ons tradisionele leiers en dan kan hulle ook uit belastinggeld betaal word! As die staat die belasting mors of wanbestee betaal ons nie meer todat hulle die kriminele toegsluit het nie. Ek glo ons betaal nog die meerderheid van belasting so ons behoort tog nog ’n sê te hê!

Ons radio en TV. Jy weet, maak die hele SAUK 1 tot 20 swart dis reg met my. Ek is seker daar is ’n Boer daar buite wat ’n satelliet in die ruimte kan sit. Die arme radio. Van Springbok Radio, Radio Jakaranda tot RADIO JACARANDA. Meeste omroepers is Afrikaans, meeste luiteraars is
Afrikaans, maar arme Maartin en Reeva moet spook met die Engels, dag in en dag uit. Daar is nou wel RSG maar daar kan jy net na Afrikaans luister as ’n swarte of ’n kleurling dit aan jou oordra. O ja en daardie ongeskikte man van "Sê wie". Regtig, ek sweer hulle hou hom aan as marteling om ons te laat betaal vir die apartheidsondes. Dis definitief ’n komplot! Wel, bring
Springbok Radio terug en bied daardie oulikke mense van Jacaranda poste aan. (Gaan maak ook ‘n peiling van hoeveelkeer Bok Van Blerk se treffer oor die stasies gespeel is, gemeet aan die verkope daarvan).

Swart ekonomiese bemagting en PDI-aanstellings is rassisties, geen tese meer daaroor nie. Die regering moet die geld gebruik wat hulle sou spaar op ons skole om die mense op te lei. Dis nie ons taak nie. Ons het nie soveel tyd nie. Selfs ’n wel opgevoede man soos Mbeki steier onstabiel sonder rede met een uitspraak!

Beskerm onsself. Ontwerp 'n stelsel waaraan ons almal behoort wat blitsvinnig hulp by ons kan uitbring. Ons weet waar die probleme lê, ons grense en binnelandse sake. Irriteer hulle todat hulle gehoor gee of maak ’n sperdatum. Sou hulle nie luister nie, dan neem ons beheer oor dit ook totdat die situasie stabiel is, soos ’n EU mag!

Wel om op te som, Afrikaners, leer om vir julleself te sorg en julleself te lei en hou op teem omdat die regering dit nie doen nie. Dis nie hulle plig nie, hulle is nie Afrikaners nie. Hulle motief is anders. Dit het Mbeki nou die dag met sy stellings bewys. Staan op julle eie regte en neem beheer terug en besluit self oor julle toekoms. Hou op inmeng in die toekoms van die ander volke. As ons onself eers op die been het, kan ons hulle help. Dis in elk geval ’n taak wat ons in 400 jaar nie kon baasraak nie.

Al wat oorbly, is die 22 manne in die tronk. Ek glo nie aan geweld nie en sal dit nooit goed praat nie. Ek sê, laat die ouens in die tronk sit vir dieselfde tyd persentasiegewys vir hul oortredings, gemeet aan die oortredings wat ons huidige parlement aangerig het. Lewe vir lewe, bom vir bom en ontwrigting vir ontwrigting. Ek is seker almal het dan al baie jare te lank in die tronk gesit. Regtig, kan ’n mense tronk toe gaan oor 'n uitspraak wat jy maak? Wat is die waarde van ’n grondwet?!!

how to play slots at a casinoтопкарго кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.