Ernstige uitbraak van bek-en-klouseer

Deel op

Die Mpumalanga-regering het beperkings ingestel op die vervoer van lewende hawe en diereprodukte uit die Laeveld nadat die uitbreek van bek-en-klouseer.

Die eerste tekens van die siekte in die Nkomazi-gebied naby Komatipoort is aan die begin van September aangemeld.

Daar heers tans ‘n totale verbod op die vervoer en verskuiwing van beeste, skape en bokke.

Die siekte het in die tradisionele gebied van Mdluli posgevat en volgens die provinsiale adjunkdirekteur van dieregesondheidsdienste het dit binne ‘n week na die aangrensende Makoko-area versprei.

Veeartseny-padblokkades, soos by die Nkomazi-tolhek tussen Malalane en Hectorspruit, is intussen opgerig om te keer dat spleethoewige diere buite die gebied vervoer word.

Die polisie, SANW en rampbestuurowerhede se hulp is ook ingeroep om die ernstige uitbraak te help stuit.

Dié hoogs aansteeklike virussiekte kan rampspoedige ekonomiese gevolge inhou vir die landboubedryf indien dit verder versprei.

Alhoewel bek-en-klouseer nie aansteeklik vir mense is nie, kan dit wel deur aanraking, klere en toerusting oorgedra word na diere.

Kenmerke daarvan is blasies in die bek en op die pote wat rou sere word asook oormatige speekselafskeiding by diere.

Die Mpumalanga-dieregesondheidsafdeling kan by 013 741 3218 gekontak word vir verdere vrae.

 

подставкиданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.