Oproer in kettingwinkel

Deel op

‘n Swart vrou, Linda Brown, is Dinsdag in die deelstaat Ohio, in die VSA, gearresteer ná ‘n inkopietog van drie ure lank. Dit het begin nadat sy ‘n Hummer-limousine gehuur het en gevra het om by die Burlington Coat Factory-kettingwinkel afgelaai te word.

Volgens die polisie het Brown na die naaste kasregister geloop en luidkeels aangekondig dat sy vir elke persoon in die winkel ‘n pasellatjie van $500 se aankope gee.

Mense in die winkel, hoofsaaklik swart, het na die kasregisters gestroom en begin om item na item te laat oplui.

Ten minste 500 mense was in die winkel ten tye van die aankondiging en nog ‘n duisend het probeer instorm nadat die goeie nuus rugbaar geraak het.

‘n Polisiewoordvoerder het bevestig dat Brown aan mense gesê het sy het die lotery van $1,5 miljoen gewen.

Dit het later geblyk dat Brown nie ‘n dooie sent gewen het nie en nie geld gehad het om vir die aankope te betaal nie.

“Sy het nie geld gehad om vir enige iets te betaal nie,” het die woordvoerder gesê.

‘n Uur nadat Brown die klante uitgenooi het om op haar rekening inkopies te doen, het sy die limousinebestuurder gevra om haar na die bank te neem sodat sy kan gaan geld trek. Sy het egter met leë hande na die winkel teruggekeer.

Teen daardie tyd was die winkel reeds in rep en roer en moes die bestuur twee dosyn polisiebeamptes se hulp inroep om die skare te beheer.

‘n Klant, Candace Jordan, met wie ‘n plaaslike TV-stasie WBNS-TV ‘n onderhoud gevoer het, het aan Brown gesê dat sy nie klere nodig het nie, maar haar huur moet betaal. Brown het dadelik ‘n tjek uitgeskryf vir die bedrag wat Jordan gevra het.

Toe die werknemers van die winkel uitvind Brown het nie geld om te betaal vir die inkopiestormloop nie, het sy reeds in die limo vertrek.

Dit is toe dat woedende klante, met die besef dat hulle nie gratis jasse gaan kry nie, begin het om voorraad op die vloer te gooi en klere te gryp sonder om daarvoor te betaal.

Volgens die polisie was dit die begin van die oproer. “Almal was soos, ‘Ek wil gratis goed hê’ en dit het die onlus begin. Dit het gelyk asof die orkaan Katrina deur die winkel was.”

Die polisie sê voorts hulle het geen idee wie almal met goedere gevlug het nie, maar hulle sal die sekuriteitsvideo-opnames nagaan.

Die limousinebestuurder het, nadat hy agtergekom het hy gaan nie die $900 invorder vir die huur van sy voertuig nie, vir Brown na die naaste polisiestasie geneem.

Brown, 44, is daarna in hegtenis geneem vir drie ander misdrywe. Sy is aangekla vir verswaarde teistering, misbruik van die 9/11-stelsel en vals alarms.

Sy is egter nog nie aangekla vir die herrie in die jaswinkel nie, aangesien sy tans  psigologies geëvalueer word.

 

no depositлобановский харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.