Vyf mans is daarvan skuldig bevind dat hulle instruksies oor hoe om bomme te maak bymekaar gemaak het en plofbare chemikalieë gekoop het as deel van ‘n komplot om ‘n terroriste-aanval op Australië uit te voer.
‘n Jurie het vir ‘n maand oor die saak nagedink voordat hulle die mans Vrydag skuldig bevind het vir sameswering om ‘n terroriste-aanval op Australiese grondgebied uit te voer.
Hulle staar tot vyf jaar se gevangenisstraf in die gesig.
Die mans is in hegtenis geneem nadat hul huise verskeie kere in 2005 deursoek is.
Volgens die aanklaer, Richard Maidment, is daar instruksies oor hoe om bomme te maak in die mans se huise gevind is, sowel as millitante Islamitiese materiaal – insluitende beeldmateriaal van die vliegtuie wat op 11 September 2001 in die Twin Towers ingevlieg het.
Die aanklaer het ook gesê dat die mans plofbare chemikalieë en gewere tussen Julie 2004 en November 2005 gekoop het.