Diensleweringsgeweld kring uit

Dele van Mpumalanga en Gauteng is dié week tot stilstand gedwing deur gewelddadige diensleweringsopstande.

Inwoners van Sakhile buite Standerton, van Belfast en Nelspruit in Mpumalanga, van Palm Ridge in Alberton, en van Diepsloot, noord van Johannesburg is opstandig oor die regering se gebrek aan diens.

‘n Woordvoerder van president Zuma het die geweld intusssen veroordeel.

“Daar is geen verskoning vir die gewelddadige optrede en verwoesting van eiendom nie,” het Magwenya Donderdag aan Beeld gesê.

Twee adjunkministers van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het Donderdag by die munispale kantore in Standerton met plaaslike raadslede en gemeenskapsleiers van Sakhile vergader.

Fikile Mbalula van die polisie en Malusi Gigaba van binnelandse sake het egter nie self die massas toegespreek nie. Inwoners betoog nou al drie weke lank dat Queen Khumalo-Radebe, burgemeester, en ander raadslede weens swak dienslewering en die verdwyning van R30 miljoen moet bedank.

Mbalula op ’n mediakonferensie gesê hulle sal na afloop van ‘n ondersoek verslag doen.

Hy het gesê die betogings is nie spontaan nie en is beplan en georganiseer.

“Dit is nie asof dit in ’n sjebien bespreek is nie. Ons moet begin verstaan hoekom die mobilisering om van mense ontslae te raak nou plaasvind,” het Mbalula gesê.

Mbalula het die plaaslike raad gekritiseer omdat hulle nie met die inwoners gekommunikeer het nie.

Joel Netshitenzhe, ‘n senior ANC-kader, sê die geweld kan die legitimiteit van die staat ondermyn. Hy het Donderdag partyleiers op die vergadering van die ANC se Gautengse uitvoerende komitee in Benoni toegespreek.

President Zuma sal eersdaags met burgemeesters en munisipale bestuurders van die 283 plaaslike owerhede vergader.

 

расширительный бак отопления ценаАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.